Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die kassie gevier en betree met dié belangrike mylpaal ’n nuwe hoofstuk wat opwindende digitale en interaktiewe aanbiedinge vir kykers, ondernemings en sakevennote insluit.
ontbytSAKE, die tweede oudste program op kykNET, vier met die leuse “Nou Net Vorentoe” sy silwer herdenking met ’n vars visie, een wat ook in die moderne voorkoms van sy nuwe stel neerslag vind.
“ontbytSAKE kry dit reg om twee belangrike elemente bymekaar te voeg – vermaak sowel as ’n fokus op klein- en medium sakeondernemings. Dit is altyd belangrik om hierdie tipe vieringe terugbeskouings te doen, nou moet ons net vorentoe kyk, want daar is heelwat uitdagings en geleenthede op die horison vir liniêre TV” sê Louis McLaren, uitvoerende vervaardiger van ontbytSAKE. ontbytSAKE se toekoms gaan ook insluit digitale- en interaktiewe elemente.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie
- Louis McLaren – Uitvoerende Vervaardiger
Die 25 jaar-vieringe het op Vrydag 4 April met ’n ateljee-opname by Stark Ateljees in Randburg begin met Minki van der Westhuizen as hoofgas. Bekendes soos Hykie Berg, Mia le Roux, Marlee van der Merwe en onafhanklike kunstenaars van ontbytSAKE se eie RugTeenRug MusiekFamilie, Muller Brandt en Wilmari Senekal, het saam fees gevier. Die ekonoom, Dawie Roodt, en ontbytSAKE se regisseur Melinda Meyer het nostalgiese verhale oor die program gedeel terwyl die Bravo!-span eksklusiewe beeldmateriaal en onderhoude vasgevang het.
Lees ook: 10 redes waarom jy die April-uitgawe van rooi rose móét lees!
Die volgende is ’n paar opwindende uitbreidings in die 25ste bestaansjaar:
- snelvuurSAKE is ‘n splinternuwe bemarkingstrategie vir adverteerders. SAKEwinkel gee kykers van ontbytSAKE toegang tot ’n verskeidenheid spesiale aanbiedinge teen eksklusiewe pryse.
- Nuwe vars inhoud kom ook na die skerms soos waar kykers drie van Suid-Afrika se minder bekende wynroetes kan beleef.
- ontbytSAKE se 25 Jaar glanstydskrif en Onderneming van die Jaar-toekennings vind in Oktober by die Nederburg-wynlandgoed plaas.
Lees ook: Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee