Serves:30 klein pannekoekiesCooking Time:Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
• 200 g koekmeel
• 30 ml (2 e) suiker
• 5 ml sout
• 2 eiers
• 2 eiergele
• 520 ml melk
• 30 ml gesmelte botter
• 80 ml brandewyn
• 60 g botter, gesmelt vir die braaislag
Sjokolade-lyfverf
• 150 ml dubbeldikroom
• 100 g donkersjokolade, in stukke gebreek
• 200 g Nutella-sjokoladesmeer
Instructions
Sif die meel, suiker en sout in die mengbak van ’n elektriese menger met die balklitser-aanhegsel aan (of gebruik ’n elektriese handmenger).
Meng die eiers, eiergeel, melk, gesmelte botter en brandewyn in ’n groot maatbeker. Gooi die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed tot die deeg glad is en daar geen klonte is nie. Laat die deeg vir 30 min. rus.
Verhit ’n pannetjie met ’n deursnee van 10 cm oor matige hitte en smeer met die gesmelte botter.
Gooi sowat 30 ml (2 e) van die beslag in die pannetjie en draai die pan sodat die deeg egalig versprei.
Bak aan die een kant tot goudkleurig, draai met ’n paletmes om en bak die ander kant ook tot goudkleurig.
Lig met ’n paletmes uit die pan en herhaal met die res van die beslag.
Sjokolade-lyfverf
Gooi al die bestanddele saam in ’n klein kastrol en verhit oor lae hitte tot dit gesmelt en glad lyk.
Trek van die hitte af en sit op Valentynsoggend voor met ’n kwassie vir die smeerslag - op die pannekoek óf jou liefie se lyf!