Ontbytpannekoeke met karamelpiesangs
Ingredients
- Maak hierdie pannekoeke oor die naweek en vries in stapeltjies van ses. Ontvries dit vir 5-10 minute in die mikrogolf en siedaar, ontbyt is gereed! Die hawermout en appel in die beslag maak daarvan ’n goeie hoëvesel- en lae GI-ontbyt, wat in die loop van die oggend vir genoeg energie sal sorg.
- 4 eiers
- 750 ml (3 k) water
- 375 ml (1½ k) koekmeel
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 5 ml (1 t) sout
- 125 ml (½ k) hawermout
- 1 appel, geskil en gerasper
- 60 ml (¼ k) sonneblomolie vir die bakslag
- Karamelpiesangs
- 3 piesangs
- 60 ml (¼ k) botter
- 90 ml (1⁄3 k + 2 t) sagte bruinsuiker
- 3 ml (½ t) vanieljegeursel
- 30 ml (2 e) water
Instructions
1. Klop die eiers en water saam in ’n groot mengbak tot skuimerig.
2. Sif die meel, sout en bakpoeier by en klits totdat dit ’n gladde deeg vorm.
3. Voeg die hawermout en appel by en roer deur. Laat staan die deeg vir 5-10 minute voor jy begin bak.
4. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige tot hoë hitte. Gooi net genoeg van die beslag in die pan om die boom te bedek. Bak vir 2-3 minute, draai om en bak tot goudbruin.
5. Herhaal met die res van die beslag. Hou die gaar pannekoeke warm. Die karamelpiesangs is ’n lekker bederfie.
6. Vervang die piesangs deur appels vir ’n laer GI-opsie. Sny die piesangs in die lengte middeldeur en dan oorlangs. Smelt die botter, bruinsuiker, vanielje en water in ’n pan oor matige hitte tot karamelkleurig. Sit die piesangs by en bedek met die karamel. Sit met die pannekoeke voor.