Ontbyt-tapas
Ingredients
- Sagte droë tamaties
- 250 g groterige kersietamaties, in die lengte middeldeur gesny
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) tiemieblare
- sout en gemaalde swartpeper
- 100 g sondroë-olywe
- Gemarineerde sampioene
- 250 ml (1 bottel) slaaisous
- (ons het Ina Paarman se suurlemoensous gebruik)
- 1 roosmaryntakkie
- 250 g portobellini-sampioene, afgespoel
- Gebraaide vyeworsies
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 15 ml (1 e) botter
- 100 g droë vye, middeldeur gesny
- 4 gekruide ontbytworsies
- Eierbroodjies
- 6 eiers
- 60 ml (¼ k) melk
- vanieljegeursel
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 lang Franse brood, diagonaal gesny
- botter om mee te braai
- Pak ook uit
- 250 g (1 houer) ricottakaas
- 125 g vars kersies en granaatpitte
- 8 kwarteleiers, vir 2 min. gekook
Instructions
Die tamaties
Pak die tamaties in ’n oondpan, gesnyde kant na bo. Sprinkel olyfolie en tiemieblare oor. Geur na smaak. Droog vir sowat 5 uur in die lou-oond. Meng die tamaties deur die droë olywe en skep in ’n dienbakkie.
Die gemarineerde sampioene
Gooi die slaaisous in ’n klein kastrol en verhit saam die roosmaryntakkie tot kookpunt. Voeg die sampioene by en kook vir nog 5 min. Haal af en laat in die sous afkoel. Skep in ’n dienbakkie.
Die gebraaide vyeworsies
Braai die worsies en vye saam in ’n middelslagpan tot gaar.
Die eierbrood
Meng die eiers, melk en vanielje in ’n platterige glasbak. Geur met sout en peper. Doop die snye brood in die eiermengsel. Braai in ’n bietjie van die botter in ’n pan oor matige hoë hitte tot goudbruin aan albei kante. Herhaal met al die snye. Hou warm tot benodig.
Die tafel
Pak die tamaties, gemarineerde sampioene, kwarteleiers, eierbrood en vyeworsies op ’n groot houtbord en die eierbrood op ’n broodplank. Sit die ricotta op ’n mooi teël, sprinkel die kersies en granaatpitte oor en sit voor.