Ongelukkig smelt selluliet nie noodwendig saam met die kilogramme weg nie en daar is ook nie ’n kitsoplossing vir selluliet of ’n fermer lyf nie. ’n Gesonde dieet is wel baie belangrik vir die vermindering van selluliet, maar jy moet ook oefen, genoeg water drink, en jy kan tuis- of salonbehandelings probeer.
Verferming- en sellulietprodukte word gebruik op dele waar jy fermer wil wees. As jy los of sakkerige vel het (vanweë ouderdom of gewigsverlies), sal jy dié produkte gebruik.
Teensellulietprodukte word net gebruik op plekke waar selluliet gewoonlik voorkom, soos die boude, dye en maag.
Ons sê, probeer:
NIVEA Q10 Firming Good-bye Cellulite Gel-Cream
LPG Smoothing Anti-Dimple Complex (uitgesoekte salonne)
AVON Solutions Cellu-Break 3D Anti-Cellulite Treatment
Derma Fix Cellulite Tone & Tighten Thermo Active Gel (uitgesoekte salonne)