Ons vier 90 jaar van Gatineau

“In 1932 het ek ‘n handelsmerk van uitnemendheid vir selfs die kieskeurigste vroue geskep,” – Madame Jeanne Gatineau

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1930’s

Jeanne Gatineau was vasbeslote om haar passie na te streef en het ‘n skoonheidsbehandelingsonderneming vanaf haar huis bestuur. Op die ouderdom van 52 het sy haar eerste skoonheidsalon geopen, en dadelik begin om haar eie velsorgprodukte te ontwikkel om haar avant-garde-behandelingstegnieke te komplementeer. Sy het met ervare dermatoloë en biochemici saamgewerk en het vinnig in die wêreld van velsorg bekend geword.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1940’s

Jeanne Gatineau het saam met die wetenskaplike en Nobelprys-wenner Alexis Carrol gewerk. Sy spesialiteit het haar wetenskaplike benadering tot velsorg geïnspireer en met die samewerking van biochemici en dermatoloë het sy haar eerste reeks velsorgprodukte ontwikkel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1950’s

Jeanne Gatineau het in 1950 een van die wêreld se eerste skoonheidskole The Jeanne Gatineau School Of Beauty in Parys geopen, waar sy haar kennis met duisende skoonheidsdeskundiges gedeel het. Dit was ‘n ongelooflike sukses en skole het ook in Brussels en Milaan geopen.

Die aanvraag na Gatineau se unieke en innoverende kundigheid het tot die vervaardiging van produkte vir tuisgebruik gelei, en Gatineau, soos ons dit vandag ken, is gebore.

Sy het voortgegaan om saam met kundiges te werk, en het die wêreld se eerste gesigskrop, alkoholvrye skoonmaakmiddels, reinigers en afskilfermiddels geskep. Die produkte het hulself vinnig as ‘n velsorghandelsmerk gevestig wat die behoeftes en verwagtinge van vroue vooruitloop.

1990’s

In die 90’s het Jeanne Gatineau verander in GATINEAU, ‘n wêreldwye erkende handelsmerk. Gatineau se kragtige formulerings kombineer natuurlike bestanddele met die jongste biotegnologie om ‘n reeks professionele velsorgprodukte van gehalte te skep wat help om onmiddellike en langdurige resultate te lewer.

Vandag

Selfs as ‘n globale handelsmerk bly ons waardes diep in ons erfenis gewortel. Met velsorgprodukte wat steeds die veld innoveer en ‘n wêreldwye reputasie as ‘n teenverouderingspesialis, is Jeanne Gatineau se baanbrekersgees nou net so integraal soos dit 90 jaar gelede was.

Hierdie jaar vier ons met trots 90 jaar van Gatineau! Een van haar eerste produkte ooit, die Radiance Enhancing Enzymatic Gommage, is nou beskikbaar vir aankoop in opvallende beperkte uitgawe-verpakking.

Kry joune by uitgesoekte Woolworths-, Truworths- en Dis-Chem-winkels of aanlyn by Orleans Cosmetics https://orleanscosmetics.co.za/product/radiance-enhancing-gommage-scrub-limited-edition/.

Deel
Gepubliseer deur
Bianca Muller

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

9 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

10 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

12 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

14 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

16 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.