kategorieë: Ons menseBekendes

Ons trots: Banyana Banyana

Ons trots: Banyana BanyanaDeur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons Suid-Afrikaanse nasionale vrouesokkerspan, beter bekend as Banyana Banyana, is tans in Frankryk waar hulle oor die volgende paar weke aan die FIFA Vroue Wêreldbekertoernooi sal deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Banyana Banyana het vanjaar vir die éérste keer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis vir die FIFA Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer nadat hulle in die halfeindrondte van die Women’s Africa Cup of Nations vir Mali 2-0 gewen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Die Women’s Africa Cup of Nations het tussen 17 November 2018 en 1 Desember 2018 in Ghana plaasgevind, waar Nigerië, Suid-Afrika en Kameroen dié kontinent se drie kwalifikasie-plekke vir die FIFA Vroue-Wêreldbekertoernooi opgeëis het.

Die geskiedkundige oomblik:

Banyana Banyana, 49ste op die wêreldranglys, het op Saterdag (8 Junie 2019) in hulle eerste groepwedstryd in die Franse Hawestad, Le Havre, teen Spanje afgeskop. Spanje lê 13de op die wêreldranglys.

Die Suid-Afrikaanse vroue het almal verras toe hulle in die 25ste minuut van hulle debuutwedstyd die voortou ná ’n teenaanval geneem het. Niemand anders nie as Thembi Kgatlana (die Afrika-sokkerfederasie se Speler van die Jaar) het dié geskiedkundige doel geskop!

Ongelukkig was die Spanjaarde nét te sterk en het Suid-Afrika die wedstryd verloor. Banyana Banyana mag dalk hulle eerste wêreldbekerwedstryd 3-1 verloor het, maar dié span het geskiedenis gemaak en alle Suid-Afrikaners trots gemaak!

Kyk net hoe voel Suid-Afrika oor Banyana Banyana:

Banyana Banyana het op 30 Mei 1993 hulle eerste amptelike wedstryd teen Swaziland gespeel, maar wie sou ooit kon raai dat die Suid-Afrikaanse vrousokkerspan 26 jaar later aan die FIFA Wêreldbekertoernooi sou deelneem?

Dis span:

  1. Mapaseka Mpuru
  2. Lebohang Ester Ramalepe
  3. Nothando Vilakazi
  4. Noko Alice Matlou
  5. Janine Van Week (Kaptein)
  6. Mamello Makhabane
  7. Karabo Dhlamini
  8. Ode Fulutudilu
  9. Amanda Mthandi
  10. Linda Motlhalo
  11. Thembi Kgatlana
  12. Jermaine Seoposenwe
  13. Bambanani Nolufefe Mbane
  14. Tiisetso Makhubela
  15. Refiloe Jane
  16. Andile Dlamini
  17. Leandra Smeda
  18. Busisiwe Ndimeni
  19. Kholosa Biyana
  20. Kaylin Swart
  21. Sibulele Holweni
  22. Rhoda Mulaudzi
  23. Bongeka Gamede

Wat is volgende?

China (16de op die wêreldranglys) en Duitsland (2de op die wêreldranglys) is Suid-Afrika se ander twee groep-teenstanders. Suid-Afrika pak China Donderdagaand, 13 Junie, om 21:00 aan. Hulle sal ook Maandagaand, 17 Junie om 18:00, teen Duitsland te staan kom.

Volg gerus al die aksie van die FIFA Wêreldbekertoernooi tussen 14 en 20 Junie op SuperSport 3 (kanaal 203) en SuperSport 4 (kanaal 204) om 17:45 en 20:45 op DStv. Neem ook deel aan die gesprek deur die hutsmerke #FIFAWWC, #BanyanaBanyana, #Limitless en #DareToShine op Twitter te gebruik.

Van een ding is ons seker, en dít is dat die wêreld se oë beslis op Banyana Banyana en hulle hoofafrigter, Desiree Ellis, gerig is!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

14 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

15 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

15 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

17 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

19 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

21 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.