kategorieë: Wenke

Ons toets pastelle

Die rooi rose-skoonheidspan is onlangs geïnspireer deur die jongste trend in haarkleur: subtiele pastelle!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suzanne Kotzé (skoonheidsredakteur), toets:

Die Label M Powder Spray is baie maklik om te gebruik, maak seker jy staan weg van enige wit beddegoed en gordyne want die kleur trek wanneer jy dit spuit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het die kleur aangesproei op skoon, droë hare (ek het my hare eers liggies droog geblaas), en ek het meestal op die haarpunte gekonsentreer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Moenie skrik as die kleur té pienk lyk nie want dit borsel maklik uit. Ek het so 20 hale per seksie gegee totdat ek tevrede was met die kleur. Borsel meer hoe ligter jy dit wil hê en borsel minder as jy dit donkerder wil laat vertoon.

Wenk: Die kleur koek jou hare effens. Met die eerste haal het ek eers my Tangle Teezer gebruik om my hare te ontkoek en daarna het ek my hare met ’n spaan-borsel deur geborsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So het my hande en borsel gelyk – moenie bekommer nie, dit was dadelik uit.

Ek het my hare afgerond en effens gekrul met Paul Mitchell se NEURO Unclipped Styling Rod. Die Label M Powder Spray is maklik om te gebruik en dit het nie my kussing gevlek nie. (Psst daar is 5 skakerings beskikbaar!)

Justine Kroes (skoonheidassistent), toets:

Ek het onlangs my blonde hare laat opknap by Shelene Shaer van Tanaz HBN en sy het my oortuig om die grys skakering te toets.

Ek was huiwerig en wou nie my hele kop grys kleur nie, maar toe stel Shelene voor dat ons die L’Oréal Proffesionnel Dialight Toner probeer om te sien of ek van die grys hou. Die kleur sal met tyd uitwas en nie meer so opvallend grys lyk nie.

Nadat Shelene my strepies opgeknap het, het sy die Dialight 9.01 toner vir ’n paar minute op my hare gelaat, die kleur het vinnig verander van ’n warm blonde skakering na ’n ysblond-grys skakering. Ek is mal daaroor en die komplimente van vreemdelinge het omtrent ingestroom!

 

Shelene het voorgestel dat ek nou ekstra sorg aan my hare moet gee en gereeld haarmaskers en haarolies moet gebruik vir ekstra hidrasie. Hoewel my hare nou effens droër is, vind ek dat ek maklik drie dae kan loop sonder om hare te was (maar ek gebruik wel ’n droë sjampoe).

Wenke vir pastelle van www.hairscope.co.za

• Goeie nuus, pastelle is NOU groot! Jy hoef nie meer vir die lente of somer te wag om dit self te probeer nie.
• As jy jou hele kop in ’n pastel-skakering wil kleur, moet jy bereid wees om jou natuurlike kleur uit jou hare te verwyder (in ’n salon natuurlik). Dit kan tot agt ure duur.
• Maak seker jou haarstilis gee vir jou ’n deeglike konsultasie en deel ook jou haarkleur-geskiedenis sodat die stilis seker is van die kondisie van jou hare.
• Wenk – Droë sjampoe sal jou kleur langer laat hou.

Inspirasie:

Kyk na die sterre wat ons pastelle inspireer (Foto’s: Instagram).

Nicole Richie

Rita Ora

 

Kayley Cuoco

 

Kelly Osborne

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Neem jou fiksheid na die volgende vlak: 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak

Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen:    Oefen…

12 hours Gelede

Viva Italia!-potjie

Genoeg vir 6     Bestanddele   60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie sout…

12 hours Gelede

Drama-waarskuwing vir ‘Suidooster’ dié herfs

Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Laura-Lee Mostert oor haar droomrol in ‘Binnelanders’

Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…

17 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Potjie-roer-my-nie se wenners gesels oor vaalkos en ’n molpot

In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…

1 day Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.