Babyliss Twist Secret
Die nuwe Babyliss Twist Secret is wonderlik as jy van die nuwe vlegselvoorkoms hou. Die toestel maak “twists” deur eers twee stukkies hare boontoe te draai en dan die twee stukkies om mekaar te draai.
Stap 1
Verdeel eerstens jou hare in twee gedeeltes wat jy wil vleg of twist. Bo-aan die Twist Secret is twee tweezer locks. Druk eenvoudig elke kant boontoe en plaas ’n klein gedeelte van jou haarpunte in aan elke kant.
Stap 2
Daar is twee stellings op die Twist Secret, die eerste knoppie draai elke gedeelte van die twee gedeeltes eers in een rigting.
Stap 3
Die volgende knoppie draai nou hierdie twee gedeeltes saam in die ander rigting en vorm dan jou vlegsel of twist.
Ons het die tegniek onlangs tydens ’n fotosessie op ons model getoets.
Video deur Corné Greeff
Verskillende haarstyle met die Babyliss Twist Secret
Ons het dit ook getoets …
Toni & Guy Extreme Volume Salon Hot Rollers
Warm krullers is wonderlik vir volume en hierdie krullers het dit beslis gegee. Die stel bevat 10 rollers, wat waarskynlik te min sal wees om dit vir al jou hare te gebruik, veral as jy baie hare het.
Voor jy begin: maak seker jou hare is kurkdroog, skakel die krullers aan en wag so 2 minute.
Kyk ook die Toni & Guy-video: