kategorieë: VelsorgSkoonheid

Ons toets Nimue se Smart Resurfacer Peel

Ons toets Nimue se Smart Resurfacer Peel deur Hannelie Diedericks. Hooffoto: iStock/svetikd

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tradisionele chemiese afskilferings is gewilde salonbehandelings wat byna onmiddellike sigbare resultate gee, soos die vermindering van pigmentasie, fyn lyne, dit maak porieë kleiner en die veltekstuur fyner en laat die vel helderder lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die probleem is dat jou vel ná die tyd vir twee tot vyf dae erg kan afskilfer, afhangend van die sterkte van die afskilfering wat jy gekies het. As jou vel net liggies afskilfer, kan dit met grimering bedek word, maar as die vel erg afskilfer, sal jy dalk eerder ’n paar dae by die huis wil bly en nie onnodig in die openbaar wil verskyn nie!

Maar gelukkig het Nimue nou met ’n oplossing vir die probleem vorendag gekom. Die nuwe Smart Resurfacer Peel is Nimue se sterkste chemiese afskilferbehandeling tot dusver, maar dit beloof dat dit nie die vel in so ’n mate sal beskadig dat dit tot erge, sigbare afskilfering sal lei nie, maar steeds doeltreffende resultate sal gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons toets Lash Lift-behandelings

Hoe werk dit?

Nimue se Smart Resurfacer Peel gebruik sure in ’n oliebasis en is waterloos, wat die hewige reaksies van gewone chemiese afskilferings voorkom.

Gewone chemiese afskilferings gebruik sure in ’n waterbasis wat wrywing in die vel veroorsaak en die vel laat brand gedurende die afskilfering. Dit veroorsaak rooiheid, inflammasie en die risiko van permanente velskade indien dit nie korrek gebruik word nie. “Dis ook die vernaamste rede hoekom die meeste mense huiwer om chemiese afskilferings te ondergaan,” sê Jackie Swart, hoof van navorsing en ontwikkeling by Nimue Skin Technology.

Die Nimue Smart Resurfacer Peel se gevorderde formule bevat aktiewe bestanddele soos salisielsuur, ’n uitstekende afskilfermiddel wat ook anti-irritasie en anti-inflammatoriese eienskappe het, en pirodruiwesuur wat gereeld vir die behandeling van aknee, ’n olierige vel, vergrote porieë, ouderdomsvlekke en hiperpigmentasie gebruik word.

Alfalipiedsuur het teenverouderingsvoordele, omdat dit ’n sterk anti-oksidant is wat selvernuwing aanwakker en die vel teen vrye radikale in die omgewing beskerm. Hierdie aktiewe bestanddele word met bestanddele gekombineer wat die vel teen oorstimulasie en verlies aan vog beskerm, en dus uitstekende voordele bied vir alle veltipes en ouderdomme.

Al die bestanddele in die Nimue Smart Resurfacer Peel werk dus saam om die vel af te skilfer en ook op te bou vir ’n helder, gesonde gelaat.

Die sure word deur ’n opgeleide Nimue-terapeut aangewend, en ná die eerste laag word ‘n tweede lag aangewend, wat die sterkte van die sure  verhoog. Daarna word ’n Alginate-rubbermasker aangewend wat dadelik die vel afkoel en streel.

Lees ook: Ons toets laser-haarverwydering

Wat was die resultate?

My vel het dadelik helderder en gladder gelyk, en die pigmentasie op my wange ligter.

Selfs ’n week later voel my vel steeds glad, lyk my porieë kleiner en is die pigmentasie ligter.

Ek het nie ’n sensitiewe vel nie, maar die behandeling het glad nie my vel geïrriteer nie, en daar was ná die tyd geen rooiheid  nie.

My vel het ’n paar dae ná die behandeling net  baie liggies afgeskilfer, maar dit was omtrent glad nie sigbaar nie, en daar was geen onooglike nagevolge nie. Ek kon die volgende dag weer my normale roetine volg.

#rrWenk: Onthou om altyd ’n goeie sonskerm ná die tyd te gebruik omdat jou vel meer son-sensitief sal wees.

Lees ook: Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Waar word dit gedoen?

Bespreek nou jou Nimue Smart Resurfacer Peel by enige Nimue-salon landswyd. Die behandeling kos R830. Besoek nimueskin.com vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

16 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

16 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

17 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

17 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

20 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.