kategorieë: VelsorgSkoonheid

Ons toets: Environ Clarity +-reeks vir aknee

Ons toets: Environ Clarity +-reeks vir aknee geskryf deur Catherine Schenck. Foto’s: Hema Patel. Geborg deur Environ.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek en aknee

Ek behoort aan daardie eksklusiewe klub van volwassenes met aknee.

Maar ek sukkel al sedert my vroeë tienerjare daarmee. Op 17 het ek isotretinoin gebruik en ná ses maande was my vel weer mooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In my vroeë twintigs het ek min velprobleme gehad, buiten ’n puisie wat hier en daar (letterlik) kop uitgesteek het.

En nou in my middel twintigs was die probleem terug. Hulle sê party mense dra hul hart op hul mou, maar ek dra myne blykbaar op my gesig.

Anders as baie mense met aknee, het ek boonop ’n kurkdroë vel. Ek sukkel daarom met die meeste produkte wat aknee teiken, want dit droog my vel uit wat weer die inflammasie vererger.

Ek was werklik verras toe ek Environ se Clarity+ reeks beproef en agterkom dat dit my aknee takel én my vel bevogtig!

Catherine, voor die Environ Blemish Control Cool Peel Facial

Die Environ Clarity+ – reeks

Environ Clarity+ reeks

Die Environ Clarity+-reeks bevat ses heerlike produkte.

Die Sebu-Wash Gel Cleanser reinig my vel sonder dat dit ná die tyd uitgedroog voel.

Daarna wend ek die Sebu-Tone Clarifier, gevolg deur die Sebu-Lac Lotion en die Sebu-ACE Oil wat die heerlikste tekstuur het en my vel goed bevogtig.

Ek hou daarvan dat jy die gesigseep en die Sebu-Lac Lotion en Sebu-ACE Oil ook oor jou oë mag gebruik. Oppas net vir die ander produkte om jou oë.

Elke tweede aand gebruik ek die Sebu-Clear Masque wat my vel sag laat voel.

En dan gebruik ek my nuwe geheime wapen: Die Sebu-Spot Blemish Gel. Jy smeer dit aan puisies en ontsteekte dele en dit verbeter vinnig die voorkoms daarvan!

Onthou ook om bedags sonroom te gebruik, want hierdie produkte bevat vitamien A, wat jou vel meer vatbaar maak vir sonskade.

Die Environ-salonbehandelings

Hoewel hierdie produkte goed op hul eie sal werk, raai hulle jou aan om ook behandelings by ’n Environ-spesialis te kry.

Ek het die Environ Blemish Control Cool Peel Facial gekry, een weekliks vir vier weke.

Die wonderlike somatoloog wat my by die Environ-velsorginstituut behandel het, Marlize Swart, verduidelik hoe dit werk:

Die vel word eers gereinig en dan word die Clayteck-masker aangewend. Dit voel soos ’n dik rubbermasker wat oor jou gesig aangewend word en wat ek strelend gevind het. Marlize sê die masker droog oortollige olies op die vel op en dat dit soos ’n mikro-afskilferaar werk.

Ons toets: Environ Clarity +-reeks vir aknee

Daarna word die oortollige produk verwyder en verfrisser  aangewend om die vel gereed te maak vir die reeks aktiewe produkte.

Nou word 2,5% TCA (trichloroacetic acid)-PEEL, ACM #1, gebruik. Dit verwyder dooie velselle en herstel dié wat beskadig is. Dit help om verdere puisies te voorkom.

Dan gebruik Marlize die Treatment-jel wat vitamien A,C, en E, asook anti-oksidante bevat, gevolg deur die DF-masjien wat op die probleemplekke op my vel fokus, en help dat produkte die vel dieper binnedring. Die Alginate-masker volg wat die vel streel en bevogtig, en die DF-masjien word weer eens gebruik.

Laastens bevogtig sy my vel met ʼn vitamien A-room en sonskerm met ‘n hoë sonbeskermingsfaktor.

Ons toets: Environ Clarity +-reeks vir aknee

My indrukke

Ek sal regtig hierdie reeks produkte en behandelings aanbeveel vir enigeen wat met aknee en puisies sukkel. Dit werk goed,  dit is eenvoudig om te gebruik, dit ruik en voel heerlik.

Ek toets die produkte reeds die afgelope twee maande en my vel het aansienlik verbeter, wat my ook minder selfbewus oor my vel maak.

Ek kan nie wag om te sien hoe mooi my vel oor nóg ’n maand sal lyk nie!

Catherine na die behandeling

Soek jou naaste Environ-handelaar hier: https://www.environskincare.com/za/stockist-locator/

Vir nog goeie velsorgraad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 hour Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

6 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.