kategorieë: Leefstyl

Ons toets die nuwe Hyundai ix35

Ons het vroeër vanjaar, in Maart, die bekendstelling van die opgekikkerde Hyundai ix35 bygewoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die opgekikkerde ix35 lyk vars en nuut, maar die skoonheid is nie net veldiep nie. Dit spog ook met ’n splinternuwe enjin en sommer heelwat ander nuwighede om jou hart aan die bons te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hyundai se ix35 is een van SA se top verkopers in die veeldoelkategorie en dit duur nie lank om te weet hoekom nie. Eerstens is dit mooi. Sommer baie mooi. Tog lyk dit nie só gesofistikeerd dat dit nie oor naweke die rol van Bielie van die Bosveld kan vertolk nie. As jy wil hê jou ix35 moet ook jou boesemvriend op die veldpadjies wees, is die 2.0 turbodiesel Elite met vierwielaandrywing vir jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vierwielfunksie is ’n groot veiligheidsbonus en skop outomaties in as jy op los gruis of glibberige paaie ry om traksie te verseker en te verhoed dat jy soos ’n mot om ’n kers op nat paaie gly. Jy kan ook hierdie funksie permanent aanskakel as jy die pad verlaat en bosroetes aandurf. Daar is ses modelle in die reeks en sluit petrol- en dieselenjins in sowel as ’n outomatiese en handratkas.

Pryse:
Hyundai ix35 range:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2.0 Premium handrat R 319 900
2.0 Premium outomaties 334 900
2.0 Executive handrat R 349 900
2.0 Elite outomaties R 369 900
R2.0 turbodiesel Elite handrat R 389 900
R2.0 turbodiesel Elite outomaties 4×4 R 449 900

Pryse sluit ’n 5 jaar-/150 000 km-vervaardigerswaarborg in sowel as ‘n 5 jaar-/90 000 km- diensplan en 5 jaar-/150 000 km padhulpdiens.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: motors

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.