Dyson (ja, die stofsuier-maatskappy) het byna R910 miljoen spandeer om die Supersonic-haardroër te ontwikkel.
- Hulle het 1 625 km regte menshare is gebruik vir toetsing
- 600 prototipes is gemaak
- Meer as 1 000 patente wag op goedkeuring
- Die haardroër het vier jaar geneem om te onwikkel
- Altesaam 103 ingenieurs het daaraan gewerk
- Alle parte het ’n twee jaar waarborg
Die Dyson Supersonic-haardroër kos ’n allemintige R6 499 en is aanlyn beskikbaar by shop.dyson.co.za, home.co.za, hirschs.co.za of by Gary Rom-salonne.
Kyk na die video waar ons die haardroër toets:
R6 499 is baie geld, maar as jou hare dik is en jy baie tyd aan droogblaas spandeer, is hierdie ’n goeie belegging. Dit blaas vinniger as gewone haardroërs, is makliker om te hanteer omdat dit so klein is en dit is so stil dat my babahondjie nie soos gewoonlik tjank wanneer ek my hare droogblaas nie.