kategorieë: Reis

Ons toets BMW in Oostenryk

BMW betree ongekaarte terrein met die nuwe BMW 2-reeks Active Tourer wat vir die eerste keer in Julie 2014 in Oostenryk aan joernaliste bekendgestel is. BMW se produkbestuurder, Jochen Schmalholz, het in ’n onderhoud met die media verduidelik hoekom hierdie splinternuwe platform sommer baie vir BMW gaan beteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy het gesê dat hierdie model die eerste voorwielaangedrewe model vir BMW is (die enjin word dus dwars gemonteer) en daarom skep dit heelwat meer spasie aan die binnekant van ’n voetuig waarvan die buite-afmetings nie so groot is nie. Dit is die eerste “sports activity tourer” vir BMW en hulle hoop om ’n nuwe groep bestuurders te lok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Active Tourer is langer as die 1 reeks en hoër as die X1 wat dit ideaal maak vir naweekpret. Hoewel dit nie vierwielaangedrewe is nie, het dit ’n hoër grondvrye hoogte wat die meeste grondpaaie gaan kafdraf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel die Active Tourer ontwerp is om ’n veeldoelvoertuig te wees wat die moderne neiging vir aktiewe en avontuurlustige leefwyses aangryp, het BMW seker gemaak dat dit steeds soos ’n BMW voel en ry.

Die twee reeks Active Tourer was in September 2014 in Europa beskikbaar en sal in Februarie 2015 in Suid-Afrika by handelaars wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Kyk uit vir ons volledige reis/motorstorie in die Februarie 2015-uitgawe waar Anet Schoeman vertel hoe sy met sweterige hande die nou bergpaardjies in Oostenryk in ’n linkerhandstuur aandurf en haar lewe waag om saam met die wêreldbekende rotsklimmer, Stefan Glowacz, ’n Via Ferrata (met ander woorde loodregte rotskranse…) aandurf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

7 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

8 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

8 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

8 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

9 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

13 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.