Ons Spesiale Olimpiese span maak Suid-Afrika trots! Inligting en foto’s verskaf deur Tutone Communications. Verwerk deur Martie Swanepoel.
Ons Spesiale Olimpiese Span het vanoggend om 11:00 op OR Tambo Internasionaal geland en ’n nuwe rekordgetal goue medaljes huis toe gebring. Die span het altesame 44 medaljes in die sak.
Hulle het altesame 20 goue-, 12 silwer- en 12 bronsmedaljes saamgebring. Atleet Kamogelo Moncho en swemmer David Coates het elkeen dubbelgoud gekry.
Die span is trots dat hulle die vorige rekord van 15 goue medaljes wat hulle by die vorige Somerspele in Los Angeles behaal het, oorskry het. Ons span van 71 atlete het meegeding teen meer as 7 500 atlete van 190 lande.
Hulle het deelgeneem aan voetbal, futsal (vyf-aan-’n-kant sokker), tafeltennis, perdesport, bocce-bal, oopwater-swem, atletiek en gholf.
Die Spesiale Olmpiese Spele bied ’n platform aan atlete met en sonder ’n intellektuele vermoë om bo die stereotipering van hul gestremdheid uit te styg deur sport as katalisator te gebruik om hulle vermoëns eerder as hul onvermoë te toets.
Die voorsitter van Suid-Afrika se Spesiale Olimpiese Spele, dr. Mathews Phosa, het Suid-Afrikaners aangemoedig om ons span geluk te wens met #BackOurTeam.”