kategorieë: Video'sOntspanning

Ons is opgewonde oor: #NationalPuppyDay

Hulle word nie verniet “A man’s best friend” genoem nie. Of hulle nou vir hul bak kos staan en blaf, die halsband vir jou bring om te wys hulle wil gaan stap en of hulle jou by die voordeur inwag wanneer jy by die huis kom, is dit eenvoudig so: honde is komkommerkoel! Hulle verdien beslis ’n nasionale hondedag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is 10 redes waarom jou hond die beste ding in jou lewe is:

1. Hulle het baie swak korttermyngeheue

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Een ding wat ons mense-vriende te dikwels doen is om al die kere te onthou wat jy aan hulle sleg gedoen of foute gemaak het. Honde, aan die anderkant, se korttermyngeheue is baie swak en daarom vergewe hulle jou altyd vir jou slegte oomblikke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Hulle het uitstekende langtermyngeheue

Alhoewel ’n hond maklik sal vergeet as jy per ongeluk op sy stert getrap het, sal hy nie sommer julle jare lange vriendskap en baie diep verbinding vergeet nie. Hulle is altyd uiters getrou en lewenslange vriende!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Hulle is altyd aan jou kant

Jy het tog seker al gesien hoe jou hond teenoor vreemdelinge optree, reg? Hulle kyk die kat eers behoorlik uit die boom voordat hulle besluit of hulle iemand gaan vertrou. Hulle sal altyd jou veiligheid eerste stel. In baie gevalle sal hulle ’n onskuldige gespeelery veels te ernstig opneem. Soos honde wat tydens twee boeties se speelstoeiery sal inspring en die ander broer byt. Of honde wat hul base aan die arm uit die swembad wil sleep om te keer dat hulle dalk verdrink.

4. Honde kan jou emosies naboots

Gebasseer op jou stemtoon en liggaamshouding sal jou hond sy beste doen om jou huidige gemoedstoestand na te boots. As jy hartseer is, sal hulle styf teen jou kom lê of met groot oë na jou staar. As jy opgewonde is sal hulle hul sterte vinnig swaai en selfs nou en dan saam glimlag. Mense doen dit nie en daarom is honde-vriede beslis beter vriende omdat hulle jou altyd aanvaar, maak nie saak of jy moeg, depressief of gelukkig voel nie.

5. Honde dien ook as klein skottelgoedwassers

Oukei, dit klink dalk mega-gross maar dink so daaroor: Het jy al ooit te min kos oor gehad om te bêre, maar te veel om weg te gooi? Jou hond sal dit met liefde vir jou opeet en maak jou skottelgoed boonop ’n klein bietjie makliker om te was.

6. Honde is die perfekte motivering vir oefening

Hoe kan ’n mens nee sê vir ’n smekende hondekind wat graag wil gaan loop (dalk selfs draf)? Die antwoord is eenvoudig: Mens kan nie! So, jy staan maar op en gaan stap ’n entjie. Op hierdie manier bly jy en jou honde-vriend fiks en ferm.

7. Honde is vreeslik slim!

Hoewel intelligensie tussen verskillende honderasse varieer, is hulle almal oor die algemeen vreeslik slim! Dit kan aangeneem word deur te kyk na hul verskillende gesigssuitdrukking – ek is veral mal oor die “Asseblief, ek vra so mooi!” kop-kantel – en die manier waarop hulle vinnig ’n verskeidenheid slim toertjies kan aanleer. Honde doen ook goed soos om hulle speelgoed weg te steek, hul leibande te bring as hulle wil loop of om die koerant te gaan haal.

8. Hulle laat jou nie toe om alleen te eet nie

Al is jy ’n introvert bly dit tog lekkerder om geselskap te hê tydens etenstyd. Wel, jy is gelukkig as jy ’n hond het, want jy gaan nooit weer alleen hoef te eet nie. Al is hulle net daar om ’n ekstra asempie in die vertrek te wees.

9. Soos die Engelsman sal sê: “They won’t leave you hanging.”

Het jy al ooit planne met vriende gemaak en dan kanselleer hulle op die laaste nippertjie? Dit is nie ’n lekker gevoel as jy skielik nie meer jou nuwe rok kan dra of as jy klaar gegrimeer is nie. Wel, ons kan vir jou een ding belowe en dit is dat jou hond nooit op jou sal kanselleer nie. Of jy nou ’n fliek- en springmielie aand het en of jy net rustig op jou bed wil lê, is jou woelige, harige en baie lewendige metgesel altyd daar vir geselskap.

10. Honde weet hoe om voluit te leef!

Om dit eenvoudig te stel: ’n hond leef soos ’n mens wat nie bang is om foute te maak nie. Hulle bekommer hulle nie oor aardse goed soos finansies, mode of selfs ongeskikte mense nie. Hulle leef net in die oomblik en geniet elke oomblik.  Ja, ons as mense het sekere verantwoordelikhede om na te kom, maar ons vergeet te dikwels om net onsself te wees en tyd vir onsself te maak! Hier kan ons beslis ’n les by honde leer!

Kyk ’n bietjie hoe het mense regoor die wêreld vandag #NationalPuppyDay op Twitter gevier:

Ontspan gerus en kyk net na hierdie oulike hondevideo op YouTube:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

16 hours Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

16 hours Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

17 hours Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

17 hours Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

18 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.