Vandag gaan sy paaie kruis met Bosman, Baz, Jay, Boela, AJ en Piet. Bosman is die meesterbrein van die dwelmsindikaat, ’n psigopaat, wreed en gewelddadig. Baz en Jay is sy handlangers- moordenaars, monsters! AJ en Boela, bedorwe brokkies op soek na bekragtiging, is aan boord om ’n vinnige geldjie te maak in die kriminele onderwêreld. En dan is daar Piet, die swakkeling, wat bereid is om enige iets vir sy neef, Bosman, te doen.
Emma sien hoe hulle ’n moord pleeg, hulle sien haar en besef dat sy hulle gesien het. Nou jag hulle haar af soos ’n dier, maar hulle weet nie wie die meisie is waarna hulle soek nie. Niks gaan volgens plan nie, alles val uitmekaar uit (en vinnig). Aan die begin was hulle gedryf deur haat en wraak. Skielik, is dit vir oorlewing …
JAGVELD – rolverdeling:
• Leandie du Randt: Emma le Roux
• Neels van Jaarsveld: Bosman
• Tim Theron: Baz
• Bouwer Bosch: Jay
• Edwin van der Walt: Boela
• Luan Jacobs: Piet
• Danie Putter: AJ
• Tertius Meintjies: Jacques
Die hoogs verwagte nuwe Afrikaans aksie- en rillerfilm, JAGVELD (Afrikaans, met Engelse subtitels) – geskryf deur die bekende meester van die rillergenre, Deon Meyer – sal vanaf 17 Maart 2017 in Suid-Afrika te sien wees op die grootskerm.
Volg JAGVELD op sosiale media:
Facebook (Jagveld): https://www.facebook.com/jagveld/
Facebook (Fresh Flieks): https://www.facebook.com/FreshFlieks/