Ons mode-gunstelinge: Ondersteun plaaslike ondernemings! deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder
Op ’n goeie noot
Good is in 2008 in Kaapstad deur Marian Park-Ross begin. Die idee was om praktiese, eenvoudige, maar steeds modieuse style te ontwerp. Die ontwerpe is maklik om te dra en vleiend vir vroue van alle ouderdomme,.
Marian en Klarette vorm nou die Good-span, hulle is passievol oor die herbou van die plaaslike industrie en om werksgeleenthede in Suid-Afrika te skep en te behou. Hulle het’n veldtog begin om dit te ondersteun, naamlik LOVEZABUYZA. Hulle 2015 film het ’n Mercedes Benz Bokeh International Fashion Award vir BEST SOUND gewen.
’n Tydlose staatmaker
Die Klassik Crossbody-handsak van Eden & Co is die perfekte elkedagse metgesel vir die stylvolle vrou. Dit het ’n tydlose ontwerp, opvallende vorm en vervaardigingskwaliteit is van goeie gehalte. Die ontwerpe word vervaardig van luukse, egte leer.
Militêr en modieus
Die nuwe, beperkte uitgawe Mono Patchwork Chuck 70 is ’n kombinasie van klassieke en robuuste tekstuurstowwe en rou afwerkings. Militêre detail, soos lapdoekmateriaal en kakieskakerings, word gemeng vir ’n industriële en kamoefleer-effek.
Bedrieglik warm
Die sybokhaar-serp is die kleiner weergawe van die kenmerkende sybokhaar-doek. Die ontwerpe van Hannah Lavery is perfek om eenkeer om jou nek te draai en om aan weerskante te hang. Dit kan op verskillende maniere vasgemaak word om oneindig verskillende voorkomste te skep.
Jou beste bril
Hello Bril help nie net mense om beter te sien nie, maar ook beter te lyk en te voel as ooit tevore. Hierdie handelsmerk bied ook ’n opsie waar jy jou brilkeuses by die huis kan aanpas. Hoe werk dit? Jy kies 3 rame van die Heyelander of Eyekohna reeks en dan stuur hulle dit vir jou om in die gemak van jou eie huis aan te pas.
Gemaklik mooi
Die 100% brushed fleece-top van Sitting Pretty is die toonbeeld van gemak. Die moue word paslik afgerond by die pols en die pofmoue dra by tot ’n interessante voorkoms.