Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Om ma en dogter op papier te wees is ’n formaliteit. Om egter vlees en bloed as volwasse vroue só te kan vervleg dat daar steeds ’n spesiale band behoue bly, is ’n voorreg wat albei partye beleef.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit is die breë glimlagte en blink oë wat jou eerste van hierdie blonde ma-en-dogter-span tref. En hulle soek nie na woorde nie, nee, hulle kán gesels! Vandat Thelmané vir ’n kuiertjie by haar ouerhuis instap tot sy weer daar uitstap, babbel sy en Veranda onophoudelik. Hulle reis saam deur die wêreld en bel mekaar gereeld om die nuutste gebeure in hul lewens te deel. Dit gebeur nooit dat hulle niks het om oor te gesels nie.
Tog is dit hoofsaaklik groot seer en verlies wat hulle so naby aan mekaar gebring het. Hulle kan nou terugkyk en sien hoe hulle mekaar se hande én harte vasgehou het. Al is dit met letsels, is hulle sewe jaar later nader aan mekaar as ooit en kan hulle ook sonder woorde gesels.
Veranda vertel hoe haar man en seun in 2017 op pad terug was vanaf Nampo toe hulle in ’n helikopterongeluk was. “Ek was in daardie oomblik op die foon met hulle en het letterlik die ongeluk gehoor gebeur. Ek het geweet ek moet kalm bly en het vir Thelmané dieselfde gevra.” Hulle het saam na die helikopter gaan soek en het om die beurt vir hulp gebel terwyl die ander een onophoudelik gebid het. “Ons kon wonderbaarlik kalm bly en mekaar die heeltyd so mooi aanvul. Ons moes egter hoor dat die rots in ons gesin van ons weggeneem is en dat my seun om sy lewe veg.”
Veranda het vir 63 dae in ’n stoel langs haar seun se bed geslaap. “Hy is agt keer geskok. Dokters het gesê sou hy oorleef, hy nooit weer sou kon loop nie. Op papier was hy ’n parapleeg.”
Die krag van gebed is egter baie groter as menslike begrip, en Veranda en Thelmané het tussendeur hul trane, gebede en gepleit ’n wonderwerk sien gebeur. “My seun is vandag 21 en gesond, en kan vertel hoe hy terwyl hy om sy lewe geveg het baie duidelik gehoor het hoe die Here vir hom sê: ‘Daar waar jou pa nie is nie, is Ek’.”
Wanneer ’n ma en dogter soveel gebeure en emosies deel, kan die verhouding nie onaangeraak bly nie en het hulle baie nader aan mekaar gegroei.
“Ek sê elke dag vir die Vader dankie vir die dogter wat ek het. Ek kan Thelmané ten volle vertrou, wat vir my as enkelouer baie belangrik en spesiaal is. Sy maak my deel van haar lewe. Ons het ’n hegte vriendskap, maar daar is ook respek. Dis vir my lekker as sy my raad vra, maar ek leer ook by haar, veral dat daar balans tussen werk en sosiale lewe moet wees. Ons stem oor die meeste goed saam, maar daar waar ons van mekaar verskil, luister ons na mekaar se menings en gaan dink eers daaroor na. Daarna kom ons tot ’n vergelyk.”
’n Ma sal vasbyt en ter wille van haar kinders haar kop lig, al is haar hart aan’t flarde. Sy sal ook dinge doen ter wille van hul verhouding. Inkopies doen is een daarvan. “Thelmané is mal daaroor, maar ek glad nie. Omdat dit egter ’n manier is hoe sy liefde ervaar, byt ek maar op my tande en doen dit saam met haar.”
Thelmané vertel hoe sy gekies het om eerder ’n Zumba-kursus saam met haar ma te doen in plaas van om met ’n matriekvakansie te gaan. “Tydens my deelname aan Op my Eish was sý die een met wie ek alles gedeel het en hoeveel keer op ’n dag gebel het. Sy het my deur alles ondersteun en aangemoedig, en was ook die een wat my die laaste dag kom haal het.”
Dit is by haar ma wat sy leer hoe om voluit te leef, ’n sterk vrou te wees en positief te bly te midde van moeilike omstandighede. “Sy is my grootste rolmodel en het my geleer om hoë waardes te hê en nie met tweede beste tevrede te wees nie.”
Hierdie ma en dogter het al keer op keer aan mekaar bewys dat twee beter vaar as een. Wanneer die een val, kan die ander een haar op help. “Ons beskou mekaar nie as vanselfsprekend nie.”
Hul wortels lê geanker in die Karoo, op ’n plaas tussen Beaufort-Wes en De Rust. Hier het ’n eenvoudige bestaan hulle geleer wat régtig belangrik is: opregte geloof en ’n soeke na Sy waarheid.
Wanneer jy na hul foto kyk, lyk dit inderdaad of dit ’n geval van “copy and paste” was! Dit dra dalk daartoe by dat die een wéét wat die ander een dink en voel sodra hulle in mekaar se oë kyk. Soos Ester en Vasti in die Bybel, kén hierdie ma en dogter van vasbyt en deurdruk. Maklik het dit beslis nie altyd gegaan nie, maar hulle kan steeds saamlag en saamhuil, en hulle bied ’n veilige hawe vir mekaar.
Geliefdes wie se stemme stil geraak het, laat hulle met sagter oë en groter waardering na mekaar en na die lewe kyk. Hulle kan in liefde van mekaar verskil, en heg groot waarde aan hul vriendskap en wedersydse eerlikheid. Wanneer hulle mekaar groet, is dit altyd met die woorde: “As ek jou nie weer sien nie, sien ek jou in die hemel”. Albei sien vergifnis soos die oggend se koppie moerkoffie op die plaas; altyd beskikbaar en altyd nodig.
“As ek net vir Vasti kyk, is ek gedaan! Ek sê gedurig vir haar sy moet die lewe ’n bietjie rustiger vat. Sy het ’n skoon en mooi siel. Ek sien absoluut my eie ma in haar. Sy is ’n oop boek en maak dit so maklik om vir haar lief te wees,” vertel Ester sag-trots. “As klein dogtertjie het ek gedink sy is te goed vir hierdie wêreld omdat sy so opreg is. Sy is ’n lig in ’n donker wêreld en straal soveel liefde uit. Wanneer Vasti in ’n vertrek instap, kom die son op.”
Vir Ester voel dit nog gereeld of Vasti haar klein dogtertjie is wanneer sy, 25 of te nie, steeds bo-op haar skoot kom sit en haar styf vasdruk. “Sy is so lief vir die lewe en wil net oral ’n verskil maak. Sy vat die liefde wat sy nodig het, maar gee soveel meer terug.”
Ester se nommer is op Vasti se foon as “Mamma” gestoor. Sy maak geen geheim van die liefde en respek wat sy vir haar ma koester nie en sê dat hul spesiale verhouding net op een ding – genade – gebou is. “My ma is al deur baie moeilike tye. Dit was sy wat my geleer het wat dit beteken om met Jesus se liefde lief te hê.”
Vasti erken dat sy eers later in haar lewe begin besef het dat haar ma gewoonlik reg is. “Veral toe ek ouer geword het en dinge op ’n ander manier begin verstaan het. As tiener verstaan jy nie noodwendig nie en stem jy ook nie altyd saam nie,” dink Vasti terug en vertel dat haar ma nog nooit iets op haar afgedwing het nie. “Sy het my grootgemaak met die woorde: Onthou, hierdie is jóú storie. Sy sal altyd die motivering vir my wees om nooit skaam te voel vir waarvandaan ek kom nie. My ma het my geleer dat ons krag lê in dit wat Jesus vir ons gedoen het, en het ook vele kere vir my gesê dat ek moet onthou dat ek soms die enigste Bybel is wat mense ooit sal lees.”
Die Spillers se lewe het ook ’n draai deur Johannesburg gemaak waarna, soos Vasti dit stel “My ma op ’n boer van Frankfort verlief geraak het.” Dit is ook waarheen hulle getrek het toe Vasti in graad 8 was. “In hierdie klein Vrystaatse dorpie het ons weer vrede gevind en heel geword.”
Cirkina (of “Kina” soos almal haar noem) en Gabrielle (of “Gabi” soos haar ma haar noem) is voëls van eenderse én heeltemal verskillende vere! Hul verskille maak hulle ’n ma-en-dogter-kombinasie wat mekaar perfek aanvul. Vir hierdie twee donkerkoppe is daar nie werklik ’n reg of verkeerd nie, want hulle verstaan dat hulle generasies verskil en daarom respekteer hulle mekaar se soms uiteenlopende denkwyses en gevoelens. Hulle bly oopkop, maar sien die groter prentjie.
Cirkina is eintlik maar net ’n “ou” tiener, praat netjiese Afrikaans met ’n “r” wat sy bry en is altyd ’n bok vir sports. Gabrielle, rou Engels, is die ernstige en diep een wat filosofeer en haar ma op haar tone hou. Cirkina se lewenservaring en Gabrielle se wysheid sorg vir ’n gebalanseerde span, maar een ding het hulle wel in gemeen: Hulle bou hul grondslag op God en is onvoorwaardelik daar vir mekaar.
Vir hulle bly die gehalte van hul verhouding ’n keuse. Cirkina verduidelik: “Ons verhouding is ’n tweerigtingstraat en ons kies doelbewus om mekaar elke dag halfpad te ontmoet. Ons aanvaar mekaar en doen moeite om daagliks in kontak te bly , al is dit net met ’n emoji op WhatsApp. Die een maak ’n punt daarvan om na die ander te luister, maar ook om mekaar te hóór.”
Alles het nie altyd net glad verloop nie. Tydens Covid moes hulle ná die nare werklikheid van werksverlies finansiële uitdagings te bowe kom en hormonale skommelinge was iets waarmee Cirkina in ’n stadium baie mee gestoei het. Gabrielle het op haar beurt met depressie, verwerping en angs geworstel. Ma en dogter het te midde hiervan vertroosting in mekaar gevind en hul gevoelens met mekaar gedeel.
“Ons het lang gesprekke gehad. Soms het een van ons glad nie gepraat nie en net geluister; die ander een ruimte gegee om net te wees. Ons het mekaar heeltyd aan God se liefde herinner. Wanneer een swak was, was die ander een sterker,” deel Cirkina. “Net om te weet dat daar iemand was wat omgegee het, het genesing gebring en het ons verhouding in die proses nog hegter gemaak.”
Cirkina sien haar dogter as ’n engel wat haar vlerke baie goed wegsteek. “Sy is bitter lief vir mense en sien net die mooi in mense raak. Sy weier om iets leliks van enigiemand te sê en sal my vinnig oor die vingers tik as ek iets leliks kwytraak.”
Wanneer Gabrielle aan die woord kom, is dit duidelik dat sy ook Cirkina se goeie eienskappe raaksien en waardeer. “My ma wy haar totaal aan haar gesin toe. Sy gee alles. Ons streef saam daarna om die beste weergawe te wees van wat God ons gemaak het om te wees. Sy kry dit baie goed reg.”
Met bewondering vertel sy hoe Cirkina soggens gaan draf. “Sy hardloop vyf dae per week, of daar nou ’n storm is of nie. Net so gedetermineerd as wat sy is om te oefen, net so lojaal is sy teenoor haar gesin . Sy glo vas dat as jy dink iets is goed vir jou, jy jou álles moet gee. As jy sewe keer val, dan staan jy agt keer op. Dis die tipe vrou wat my ma is.”
Gabrielle is gestruktureerd en analities, beplan vooruit en oordink alles deeglik. “My ma se borrelende persoonlikheid leer my om die lewe nie altyd so ernstig op te neem nie en om balans te hê. In haar oë is alles moontlik en sy help my om groot te droom. Sy het die vermoë om eienskappe in my raak te sien waarvan ek nie eers bewus was nie. En dan bly dit nie net by sien nie, sy moedig my aan om daardie eienskappe behoorlik te ontwikkel ook.”
H oewel hierdie twee vroue mekaar die ruimte gee wat hulle albei nodig het, bring hulle genoeg tyd saam met mekaar deur om op hoogte van mekaar se lewe te bly. “Ons kan oor diep dinge gesels, maar ons kan net so lekker wyn drink en inkopies doen. Ek is trots daarop dat sy nie net my ma is nie, maar ook my vriendin.”
Hierdie ma en dogter mag dalk 26 jaar van mekaar verskil, maar vir hulle bly dit slegs ’n nommer. “Ons kies mekaar. Dis ons keuse.”
Kyk ’n mens na hierdie drie ma-en-dogter-bome, weet jy dat die appels glad nie eers geval het nie! Hulle lýk dieselfde, dínk dieselfde, en – selfs belangriker – hulle glo en bid dieselfde.
Ons is weer op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het!
rooi rose is op soek na ’n ma en dogter wat ’n baie hegte band het.
Wat moet julle doen?
Stuur ’n foto van julle twee saam, beantwoord ’n paar vrae en betaal ’n inskrywingsbedrag van R100. Betaalopsie op die webwerf beskikbaar.
Sluitingsdatum: 23 Januarie 2025.
Klik hier om in te skryf:
https://competition.rooirose.co.za/…/n-ma-en-dogter…/
Lees ook: Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’
Oudword is onvermydelik. Dit is dus belangrik om voorbereid te wees op wat kom deur…
Deur Mariette Snyman “Pynlike seks is ongelukkig iets wat ek daagliks in die…
Koop MSI se terug-skool-toe-aanbiedinge hier! Modern 14 F13MG Kleinhandelaar:…
Foto's: Instagram/Bernice West Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…
Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Hierdie webwerf gebruik koekies.