kategorieë: Reis

Ons kuier by Forum Homini

Naam
Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Waar ons was
Forum Homini

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Letamo Landgoed in die Wieg van die Mensdaom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Uiters weelderige in ’n unieke omgewing waar vier boksoorte en zebras vry loop sowel as vier vroulike seekoeie by die dam bo die restaurant. Uitsonderlike fynprowers kos en vyfster-fassiliteite.

Tariewe en besprekings
Skakel: 011 668 7000 | E-pos: reservations@forumhomini.com | Vir meer inligting besoek: www.forumhomini.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Maak jou gereed vir die ongewone. Die kamers is uiters weelderig, maar ook uniek. Jou stoepie kyk uit op ‘n stroompie waar jy vroegoggend bokkies sien wy en saam met jou offendkoffie vermaak word deur zebras wat speels verby trippel. Dit voel of jy myle uit die stad is.

Wanneer
September 2015

Waar ons oorgeslaap het
Die kamers slaan jou asem weg. Daar is soveel aandag aan detail gegee dat jy eers ’n paar minute rondsnuffel om alles te geniet voor jy kans kry om jou handsak neer te sit. Die koninggrootte bed het ’n romantiese daktooisel en die vuurherd wat met glaspanele omring is sal sorg dat selfs die koudste wintersnag hier knus voel.

Ek is dol oor bad as ek wil ontspan. Veral in die winter. Ons kamer het ’n reuse bad wat deel is van die baie ruim slaapkamer. Dit sit reg voor ’n groot venster wat op die ongerepte natuur uitkyk en die eenhede is so rangskik dat niemand by jou kamer kan inkyk nie. Die stoepie is ook baie privaat en dis veral lekker as mens vroeg genoeg kom om rustig op jou stoepie te sit en ’n sjerrie of koffie te drink. Manlief is gek na ’n buitestort, maar ek vind dit maklik te koel. Hier word ons albei tevrede gestel. Die pragtige groot stort, agter ’n kralegordyn wat soos gekleurde kralereën uit die dak hang, het groot deure wat na buite oopmaak sodat jy buite of binne kan wees.

Daar is ook ’n spesiale eenheid vir koerduifies op hul wittebrood en ’n presidensiële eenheid met ’n raadsaal vir agt mense en ’n private klein swembad.

Waar ons geëet het
Forum Homini se Roots Restaurant is alom bekend vir die buitengewone invalshoek wat hul skep met hul “degustation” spyskaart. Chris Tustian, voorheen hoofsjef by Dish by Le Franschhoek is ’n Britse sjef wat al ’n paar draaie by toonaangewende restaurant in Suid-Afrika gemaak het.

“Ek is dol daaroor om met vars kruie en plaaslike organiese produkte te werk wat in die area beskikbaar is.”

Roots Restaurant was die voorloper in SA om met “degustation” spyskaarte te begin waar die maaltyd in kleiner porsies verdeel word en elke gang ’n fyn beplande reis van smake is en dan ook met ’n klein porsie wyn gepaar word. En moenie glo dat jy nie gaan vol raak nie. Ek (wat baie kan eet) en my man was doodhonger na ’n lang en uitmergelende dag en teen die laaste gang was ons trommeldik. Roots was in 2008 gekies as een van die Top 10 Suid-Afrikaanse Restaurante in Eat Out.

Wat het dit onvergeetlik gemaak?
Die ontsnapping na iets heel anders het die aand vir ons besonders gemaak. Ons is almal so besig om net voor ons te kyk in ons verbeter jaagtog om werk –en gesinsvespligtinge suksesvol af te handel dat dit wonderlik was om weggevoer te word na ’n ander omgewing met unieke dekor en besonderse kos.

Wat omtrent die plek of die mense het jou gefassineer?
Die slaapeenhede se dakke is met grond bedek en daar groei veldgrasse op. Blykbaar kom knibbel die groter bokke graag aan hierdie grassies.

Wegkomkans

Soms voel dit of werk en sleurtakies jou lewe en verhouding oorneem en weet jy nie hoe om die bose kringloop te breek nie. Forum Homini is 45-60 minute van Randburg/Sandton en net die manier om jou pap battery weer te herlaai. Omdat die kos en dekor iets anders is, gee dit jou weer ’n nuwe vars uitkyk op die lewe. Boonop word jy so gepamperlang en bederf dat dit ook net die geleentheid is vir ’n romantiese wegbreek.

Natuurskoon

Ek het veral gehou van die skakel met die natuur waar jy bokkies kon sien en die paddas en voëls buite jou kamer kon hoor. Hoewel dit lekker sou wees as jy die Vrydagmiddag by die werk kon afneem en vroeg genoeg daar is om die son te sien ondergaan, het ons onderskeie programme dit nie toegelaat nie en het ons eers donkeraand aangekom. Tog is dit naby genoeg om wel na ’n lang dag by die werk betyds op te daag vir ’n feesmaal en dan die volgende oggend later as gewoonlik op te staan en ’n lang uitgerekte ontbyt te geniet.

Ek is dol op ’n rustige oggend met ’n spesiale ontbyt en die buitestoep by Roots vir ontbyt was my hoogtepunt. Dit was heerlik om oor die dam uit te kyk na voëls wat deur die lug swiep terwyl jy smul aan vyf verskillende klein porsies kos. Dis ook die ideale geleentheid vir ’n spesiale ervaring saam met kuiergaste. Ek het twee weke gelede ’n kuiergas uit die Kaap na Roots geneem vir ontbyt en sy was in ekstase oor die natuurskoon en besonderse kos. Boonop kry mens ’n glas vonkelwyn saam met jou ontbyt om weer ’n bruis in jou stappie te sit.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.