Ons gunsteling-uitrustings by die Oscars 2024 deur Karlien Meiring.
Carey Mulligan
Daar is maar net iets aan ‘n ouwêreldse Hollywood-voorkoms wat tydloos sal bly, kyk maar net na Carey Mulligan in haar Balenciaga couture-rok.
Jamie Lee Curtis
Die 65-jarige Jamie Lee Curtis het koppe laat draai in haar elegante swart aandrok!
Liza Koshy
Rooi is beslis vanjaar ’n gewilde kleur! Die immer-stylvolle aktrise Liza Koshy het ook besluit om rooi te dra en sy lyk, soos altyd, ongelooflik.
Eva Longoria
Eva Longoria was die verpersoonliking van sjiek in haar swart Tamara Ralph-aandrok en Bucherer juwele op die rooi tapyt.
Charlize Theron
Charlize Theron het gesofistikeerd gelyk in hierdie gedrapeerde satyn aandrok van Dior Haute Couture.
Ryan Gosling & Roger Federer
Daar was heelwat stylvolle pakke op die rooi tapyt te sien by vanjaar se Oscars. Ons is mal oor die blink afwerking op Ryan Gosling se pak en Roger Federer se klassieke styl.
Zendaya, Hailee Steinfeld & Anya Taylor-Joy
Die drie aktrises se rokke was blink, buitengewoon en besonders! Zendaya dra Giorgio Armani Privé, Hailee se rok is Elie Saab couture en Anya het stylvol gelyk in ‘n Christian Dior haute couture-aandrok.
Lees ook: Margaret se Wêreld: Die 30ste Screen Actors Guild-toekennings