Ons gunsteling-uitrustings by die 2019-Grammy-toekennings deur Melissa Myburgh en Catherine Schenck. Hooffoto: Chelsea Lauren/Shutterstock/Greatstock
Alicia Keys
Alicia Keys het vanjaar die Grammy’s aangebied en sy het, soos altyd, ongelooflik gelyk. Ons is verlief op hierdie rooi rok van Armani wat haar mooi figuur beklemtoon! Keys het in 2016 besluit dat sy geen of min grimering wil dra en sy het by vanjaar se Grammy-toekennings ook geen grimering gedra nie.

Foto: Chelsea Lauren/Shutterstock Alicia Keys: 61ste Jaarlikse Grammy-toekennings, Los Angeles, VSA – 10 Feb 2019
Keys dra: Armani
Jennifer Lopez en Lady Gaga
Silwer was vanjaar gewild by die Grammy-toekennings en ons dink J-Lo en Lady Gaga het albei skitterend in hul silwer-uitrustings gelyk!

Foto Chelsea Lauren/Shutterstock Jennifer Lopez en Lady Gaga
61ste Jaarlikse Grammy-toekennings, Los Angeles, VSA – 10 Feb 2019
Camilla Cabelo
Camilla Cabelo het kleur omhels met haar pienk Armani Privé-rok. Die snit is eenvoudig en elegant, en die skitterende detail maak hierdie uitrusting ’n uitblinker.

Foto: Chelsea Lauren/Shutterstock
Camila Cabello
61ste Jaarlikse Grammy-toekennings, Los Angeles, VSA – 10 Feb 2019
Sy dra: Armani Prive, Custom
Cardi B
Cardi B is nie net die eerste vroulike solo-kunstenaar wat die toekenning vir die beste Rap-album gewen het nie, maar sy wen beslis ook die toekenning vir die uitspattigste uitrusting op die Grammy’s se rooi tapyt met hierdie vintage Thierry Mugler-nommertjie!

Foto: Chelsea Lauren/Shutterstock
Cardi B
61ste Jaarlikse Grammy-toekennings, Los Angeles, VSA – 10 Feb 2019
Hier is nog ’n paar rooitapyt-foto’s
Katy Perry
Anna Kendrick
View this post on Instagram
This dress has turned me into a monster. And then the Nikos earrings…. I mean, I hate myself.
Die Cyrus-gesin
View this post on Instagram
Die Backstreet Boys is terug!
Dua Lipa
Dolly Parton