kategorieë: TrendsMode

Ons gunsteling plaaslike handelsmerke vir babas en kinders

Ons gunsteling plaaslike handelsmerke vir babas en kinders deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Bunny and Mouse

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar van ons gunsteling handelsmerke vir babas en kinders van eie bodem. Dis duidelik dat ouma se gebreide truitjies, komberse en selfs smokwerk weer hoogmode is. Trek Ouma nader!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die heel eerste foto’s van Archie Harrison Mountbatten-Windsor!

Die meeste van hierdie handelsmerke is aanlyn en by KAMERS/Makers beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Blankets From Africa

Blankets from Africa is gebore uit ’n rit deur die Karoo. Werkloosheid, veral onder vroue, is baie hoog in die kontrei en Blankets from Africa bied aan hierdie vroue die geleentheid om ’n produk uit skaapwol van die omgewing te skep.

Die reeks bied  huishoudelike komberse sowel as babakomberse en  waentjie- en wiegiegrootte komberse.

blanketsfromafrica.co.za

Bunny and Mouse

Sedert Claire Mayers, eienaar van Bunny and Mouse, ’n baba was, het haar ma vir haar smokrokkies gemaak en op dié manier haar liefde vir smokrokke aan haar kinders en kleinkinders oorgedra. Ná baie komplimente en versoeke dat haar ma rokke vir haar vriende se kinders maak, is die konsep Bunny and Mouse gebore. Smokwerk is ’n vaardigheid wat ongelooflike geduld en tyd verg en byna alles word met die hand gedoen.

Claire en haar ma het ’n span mans en vroue by die Valley of a Thousand Hills Community Helpers-sentrum in Inchanga die basiese smok-vaardighede geleer en nou is hulle die ruggraat van die produksiespan.

bunnyandmouse.co.za

Essie Pessie

Ná die geboorte van haar eerste kleinkind het Esje de Wet die wêreld van breiwerk vir babas en peuters betree. Sy het besluit op handgebreide truitjies met ’n tradisionele ouwêreldse styl tesame met helder, volwasse kleure en knope wat die aandag trek. Vir afwerking word ’n meer onkonvensionele borduurtegniek gebruik.

So het sy begin patrone uitwerk en ontwerpe teken vir haar eerste winterreeks. Nou dra nie net Suid-Afrikaanse peuters en babas EssiePessie-truitjies nie maar ook kleingoed in Noord-Amerika, Europa en Australië.

Essiepessie.co.za

Fox & Moon

Fox and Moon is in 2010 deur mede-eienaar Amanda Meyer gestig. Sy het begin met ontwerpe wat sy graag  in haar dogter se babakamer wou hê, en later met haar suster, Cindy Schafer, kragte saamgesnoer. Alles – van ontwerp tot drukwerk en stikwerk – word in Suid-Afrika gemaak. Hulle streef daarna om al hul produkte sover moontlik eko-vriendelik en volhoubaar te hou.

foxandmoon.co.za

Nanas Babywear

Nanas Babywear is ‘n klein onderneming wat oumas met die nodige gereedskap toerus om ná aftrede steeds ‘n doel te hê. Hul unieke handgemaakte produkte word deur verskeie ouer vroue landwyd gemaak. Hulle besef dat afgetrede vroue baie het om te bied en dat dit belangrik is dat hulle hul vaardighede oordra. Hulle doen presies dít met hul handelsmerk. Hulle gee oumas die geleentheid om te doen wat hulle liefhet en terselfdertyd ‘n inkomste te verdien, terwyl hulle produkte skep wat jy en jou kleintjie sal liefhê!

nanasbabywear.co.za

Rupert & Rosie

Rupert & Rosie is ‘n handelsmerk wat klassieke kinderklere vir seuns en dogters maak. Hulle werk saam met klein, plaaslike gesinsondernemings en ambagsmanne wat meesters van hul ambag is om klere met ‘n unieke ouwêreldse gevoel te maak. Hulle  ondersteun en hef gemeenskappe op deur werkskepping. Elke kledingstuk word in Kaapstad gemaak met die beste materiaal moontlik, soos suiwer katoen, suiwer linne en die beroemde Liberty-afdrukke.

rupertandrosie.com

Tiger Lily

Tiger Lily is ‘n plaaslike onderneming wat deur passie aangevuur word. Hulle bied ‘n verskeidenheid  dekoritems, speelgoed en bykomstighede vir klein mensies en hul mammas. Materiaalkomponente van die eietydse reeks word hier gemaak, dikwels met ‘n verskeidenheid teksture. Die houtspeelgoed word in Rusland gemaak en hier geverf. Die pragtige verskeidenheid speelgoed kan met leervaardighede help.

tiger-lily.co.za

Annapatat kids

Annapatat Kids skep stylvolle baba- en kleuterklere. Hulle maak pragtige gehalteprodukte vir kinders, wat wissel van 0 – 3 maande tot 7 – 8 jaar. Hul doelwit is om pret te hê met kinderklere deur patrone en ontwerpe te meng en te pas. Hoe prettiger hoe beter.

shopannapatatkids.co.za

Jy kan ook die oulikste handgemaakte geskenke en produkte vir kinders op die rooirosewinkel kry.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.