kategorieë: WenkeSkoonheid

Ons gunsteling- nuwe produkte

Deur Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suzanne se gunstelinge

Mineraline Dead Sea Mud Peel-Off Mask (R95, Dis-Chem)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Behalwe dat ek groot pret gehad deur my kinders en selfs my hond bang te maak met die masker, was ek aangenaam verras deur die produk. Dit bevat klei uit die dooie see en help om jou vel te suiwer. Dit is nie die tipe masker wat ek gewoonlik sal gebruik nie, aangesien ek ’n meer normale/droë vel het en nie juis met onsuiwerhede sukkel nie. Maar met die Kaapse droogheid voel ek wel dat ek nie my vel goed genoeg reining nie, juis omdat ek so begaan is om min water te gebruik. Hierdie is dan ’n goeie manier vir my om dit wel te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

NIVEA Sun Kids Protection Roll-On, SPF50+ (R89,99 vir 50 ml)

Wat ’n lekker produk – veral vir my kinders. Ek weet nie van ander gesinne nie, maar ons is altyd soggens laat. Ek hou hierdie in my handsak en gee dit sommer in die kar vir hulle om self aan te smeer.

Sorbet What a Cheek Blush Cheek Stamp (R169,95)

Wat ’n prettige manier om jou blosser aan te wend. “Stamp” jou wange liggies met die Sorbet What a Cheek Blush Cheek Stamp en kleur dit in met jou vingers. Wonderlik vir jou handsak of wanneer jy reis.

Corné se gunstelinge

Catrice Professional Make-Up Techniques Face palette (R259,85)

Hierdie is ’n handige produk om by jou grimeerversameling te voeg. Danksy die palet word ’n professionele voorkoms gewaarborg en die skakerings kan óf individueel óf in kombinasie toegepas word. Daar is soveel skakerings om van te kies dat jy elke dag ’n ander voorkoms kan skep. As jy jou gesig wil kontoer of ’n meer glansende voorkoms wil skep, of selfs net jou wange pienker wil laat lyk, is hierdie perfek vir jou.

Revlon Ultra HD Matte Lipcolor (R179,95)

Ek moet sê, ek was nogal beïndruk met dié produk. Ek is gaande oor die fluweelagtige metaalkleur wat dit bied en dit bly boonop vir ure aan jou lippe, om nie eers van die bevogtiging te praat nie. Dit is baie lig, laat nie jou lippe aangeplak voel nie en wend maklik aan. Daar is agt skakerings om van te kies, so daar is beslis ’n kleur wat by jou gaan pas. My gunstelinge is die HD Gleam en HD Glow.

Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydrating Mist (R350)

Hierdie is een van die produkte wat ek altyd in my handsak het en is veral op warm dae ’n wenner. Dit is ryk aan antioksidante en vitamiene en laat my vel verfris, opgewek en vars voel na elke sproei. Dit koel jou vel af, dien as bevogtiger en help met die vel se herstelproses. Ek gebruik dit soggens voor ek my grimering aanwend, na ek geoefen het en as ek saans klaar gestort en my gesig gewas het.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

1 hour Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

22 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

23 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

23 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.