kategorieë: Skoonheid

Ons gunsteling- nuwe parfuums vir mans

Die lewenslustige man      

Lacoste vier sy ikoniese en tydlose krokodil-embleem met hierdie nuwe L’Homme Lacoste EDT (R950 vir 50 ml, R1 260 vir 100 ml en R1 320 vir 150 ml). Die reuk is vars en bevat ondertone van speserye, swartpeper, sitrus, gemmer, jasmyn en vanielje. Vir die man met selfvertroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die sportiewe man

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dunhill Icon Racing green EDP for men (R1 595 vir 100 ml en R1 095 vir 50 ml beskikbaar by Foshini, Truworths, Edgars, Red Square & Markham) is aantreklik en sal beslis die koppe laat draai. Die twee wit strepe op die verpakking simboliseer die wedrenne van motors en die sportiewe voorkoms van die bottel is perfek vir die jonger man. Die reuk is fantasties met note van bergamot, pomelo, kardemom en ondertone van swartpeper en muskus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die avonturier

Issey Miyake L’Eau Majeure EDT (R965 vir 50 ml en R1 175 vir 100 ml). Die glasbottel is eenvoudig met swaar, donker glas. Die geur is vars, amper asof dit in ’n skerp, souterige seewind toegedraai is. Die bo-note van bergamont, versterk met pomelo, word saamgetrek met die basisnote van hout en fluweelagtige kasjimiernote. Dit is beslis ’n verleidelike geur.

Die misterieuse man

Mont Blanc Legend Night Eau de Parfum (R1 295 vir 100 ml, R995 vir 50 ml en R645 vir 30 ml) is die nuutste herinterpretasie van die Legend-geur, met die sensuele houtagtige geur, wat die innerlike karakter van die man wat dit dra openbaar. Die bo-note is die van bergamot en aromatiese salie.

Antonio Banderas se nuwe The Secret Temptation Eau de Toilette for him (R455 vir 50 ml en R570 vir 100 ml) word beskryf as ’n verleidelike parfuum. Dit bevat bo-note van swart- en pienkpeper, en het ’n sagte houtgeur.

Die gemotiveerde man

Hugo Boss Bottled Intense (R1 050 vir 50 ml en R1 375 vir 100 ml) se geur is die van hout, speserye en ’n kragtige konsentrasie van kosbare olies. Dit het ook die ondertoon van appel, kaneel, vrugte en vanielje. Al is die geur minder soet, bly dit steeds luuks en aanloklik.

Die gesofistikeerde “rocker”

Zadig & Voltaire Just Rock! Pour Lui EDT (R845 vir 50 ml en R1 075 vir 100 ml) het ’n Oosterse houtgeur, dit is manlik, gesofistikeerd maar tog Rock-’n-Roll. Vars maar terselfdertyd donker en geheimsinnig. Dit is perfek vir die jonger man in jou lewe.

Die sjarmante man

Die nuwe Yves Saint Laurenr LA NUIT DE’L HOMME eau électrique EDT for men (R1 100 vir 100 ml) is deel van YSL se L’homme-reeks, asook hul La Nuit-reeks. Dit is perfek vir die sjarmante man wat elegant is en hou van sy vryheid. Die geure word beskryf as die spanning tussen die varsheid van ’n moderne samestelling en ’n sensuele geur van vanielje. Dit bevat ook geure van sitrus, bergamont, mandarin en ’n kombinasie van groen appel. Dit simboliseer varsheid en ’n nuwe begin.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

20 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

22 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.