Mandatory Credit: Photo by David Fisher/Shutterstock (10544110xv) Lucy Boynton 92nd Annual Academy Awards, Arrivals, Los Angeles, USA - 09 Feb 2020
Ons gunsteling-haar- en grimeervoorkomste by vanjaar se Oscars deur Justine Kroes. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Vanjaar het meeste van die sterre op die rooi tapyt ‘n diep kantpaadjie gekies. Ons hou veral van hoe Charlize Theron, Brie Larson en Margot Robbie dit gedra het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Die mooiste mode-voorkomste vir die 2020-Oscars
Charlize lyk elegant maar steeds modern met haar netjiese kantpaadjie en sagte rokerige ooggrimering – die perfekte kombinasie by haar elegante Dior-skepping.
Lees ook: Die lekkerste maskers wat jy voor Valentynsdag moet probeer
Brie Larson lyk jeugdig, vars en gesond. Die eenvoudige kantpaadjie beklemtoon die eenvoudige, stylvolle grimering. Sy lyk sag, natuurlik en glansend gesond (kyk net daardie mooi wenkbroue!)
Lees ook: Chanelle de Jager gee haar beste raad vir krulhare
Nog ‘n kantpaadjie wat smeul met golwende lokke. Het jy geweet donker haarwortels wat ‘n bietjie uitgegroei het, is nou mode? Margot Robbie kry dit presies reg, en die rooi lipkleur hierby lyk fantasties.
Lees ook: Drie grimeerkunstenaars verklap hul sakpas-geheime
Ons gunsteling-haar- en grimeervoorkomste by vanjaar se Oscars
Haarbykomstighede se dae is nog nie verby nie – Scarlett Johansson, Lucy Boynton en Saoirse Ronan het elkeen ‘n unieke manier gekies om hul haaraksente op die rooi tapyt te dra.
Lees ook: Raad hoe jy die mooiste grys hare kan kry en onderhou
Lucy lyk Coco Chanel-sjiek met haar pêrelhaaraksente wat op haar kantpaadjie geplak is. Haar grimeerkunstenaar het dramatiese oë en lippe gekombineer en ons dink dit is modern en so stylvol. Haar boonste en onderste wimpers word beklemtoon met vol rooi lippe in Chanel se bekende Rouge Allure Camelia Rouge-skakering.
Lees ook: Dis hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine kort
Scarlett dra ‘n sagte styl wat veral mooi om haar gesig val. Die hare agter is opgesteek en met ‘n dun silwer toutjie vasgemaak (klik regs op die foto), amper soortgelyk aan dié voor op haar rok. Perfekte sjampanje skakerings beklemtoon haar oë.
Lees ook: Ons wys jou hoe om vas te stel watter tipe vel jy het
Saoirse se haarstilis het op die dag van die Oscars vir haar ‘n nuwe kuif geknip – en dit pas prentjiemooi by haar gesigvorm. Die insekknippie wat aan die kant vasgesteek is, is beslis een van ons gunsteling-haarbykomstighede op die rooi tapyt. Saoirse se hare is lyk asof dit moeiteloos opgesteek is – soos ‘n styl wat ons almal tuis kan probeer!
Die lila oogskadu lyk dromerig en word beklemtoon deur die soortgelyke skakerings op haar rok.
Lees ook: Hoe om ontslae te raak van ’n vel-babelas
Daar is maar net iets aan ‘n ouwêreldse Hollywood- voorkoms wat tydloos sal bly, en ook ons glansharte so laat bons!
Lily se middelpaadjie, glansende golwe, rooi lippe en perfekte wenkbroue is die presiese resep vir daardie ouwêreldse glans!
Rebel lyk vroulik en elegant in haar goue Jason Wu- skepping, golwende hare en natuurlik die ikoniese rooi lippe. Hierdie klassieke Hollywood-glansvoorkoms is iets nuuts vir Rebel, en ons hou van die selfvertroue waarmee sy dit dra!
Hollywood-sterre eksperimenteer steeds met unieke manikure op die rooi tapyt, en negatiewe spasie-naels in donker skakerings is steeds groot nuus.
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.