kategorieë: Kos

Filet + Boulangère-aartappels + Bordelaise-sous + spekwortels

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Luukse Bordelaise-sous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bordelaise-sous is ’n ryk aftrekselreduksie wat murg bevat. Dis vir seker een van die heel luuksste kombinasies saam met steak.

15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
10 ml (2 t) tamatiepasta
250 ml (1 k) rooiwyn
500 ml (2 k) sterk en goeie beesvleisaftreksel
3 murgbene (vra jou slagter om hulle effens langer te sny sodat jy genoeg murg kan kry)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Braai die ui in die olie tot goudbruin.
2 Voeg die tamatiepasta by en braai vir 1-2 min. of tot dit uitgekook is.
3 Gooi die rooiwyn by en krap die aangebrande stukkies ui op die boom met ’n vurk los.
4 Voeg die aftreksel by. Verlaag die hitte en kook af tot dit met die helfte verminder en verdik het. (Hou dit goed dop, want dit kan baie gou brand.)
5 Pak die murgbene op ’n bakplaat en rooster vir 6-7 min. onder die oondrooster, of tot die murg sag genoeg is om uit te druk. Meng die stukkies murg by die sous en hou eenkant warm.

Boulangère-sous

Hierdie aartappelgebak is heerlik sag met ’n krakerige bolaag.

1 kg aartappels, geskil en in ronde skywe van 0,5 mm dik gesny
80 ml (1/3 k) tiemieblaartjies, fyn gekap
100 g botter, in klein blokkies gesny
310 ml (1¼ k) vleisaftreksel
60 ml (¼ k) room

Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Pak die aartappels, tiemie en botterblokkies in lae in ’n oondbestande 1, 5 liter-bak. 2 Gooi die aftreksel en room oor die aartappels en bedek met foelie. Bak vir 30 min. by 180 °C. 3 Haal die foelie af, verhoog die temperatuur tot 200 °C en bak vir nog 20 min. of tot die aartappels goudkleurig en gaar is.

Spekwortels

200 g babawortels
250 g swoerdlose repiesspek, in die lengte middeldeur gesny sodat jy korter stukke het
45 ml (3 e) botter
30 ml (2 e) heuning
sout en gemaalde swartpeper

1 Kook die wortels vir 3-4 min. in gesoute water, of tot amper gaar. Gooi die water af.
2 Draai ’n repie spek om elke wortel.
3 Verhit die botter en heuning in ’n pan oor matige hoë hitte en braai die worteltjies vir 4-5 min. daarin tot goudkleurig en blink.

Braaiwenk: Koop steak só: Koop donkerrooi vleis – bly weg van vleis wat vaal of grys lyk. Koop ryp- gemaakte vleis wat minstens twee weke lank verouder is. Kies eerder vleis van vrylopende beeste.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

34 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

47 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.