Jou album, Pak My In Jou Tas, is in Augustus verlede jaar uitgereik. Wat het sedertdien gebeur?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek het verskeie onderhoude met radiostasies, wat my musiek speel, gehad soos GrootFM, Bosveld Radio, Maroela Media, Bok Radio, Namibiese Afrikaanse Radiodiens, Kanaal 7, Eastrand Stereo en RSG. Dit was heerlik! Dan het ek ook nog televisie-onderhoude en optredes op Noot vir Noot, Musiekroulette, Jam, Jukebox, en Jam Akoesties gedoen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Pak My In Jou Tas is jou eerste Afrikaanse album. Hou dit enige spesiale betekenis vir jou in?
Ja – Dit is die eerste projek wat ek in my gunstelingtaal, Afrikaans, uitgereik het. Alhoewel my huistaal Tswana is, het ek ’n liefde vir Afrikaans ontwikkel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wat is die storie agter dié album se naam?
Dit is om enige reisiger aan te moedig om die album in hul tasse te pak wanneer hulle die lang pad aandurf! Daarmee sê ek eintlik, “Maak my musiek deel van jou lewe!”
Wat is jou gunstelingsnit op die album?
Die eerste snit – “Leer my.” Daarin is my hele unieke lewensverhaal saamgevat. Ons kan daagliks van mekaar leer en het mekaar nodig.
Sal jy weer ’n Afrikaanse album uitreik?
Baie beslis – Afrikaans is my passie!
Daar is reeds twee musiekvideo’s vir Pak My In Jou Tas. Vertel ons meer daarvan.
Die eerste een “Gee my jou Hart” is ’n lekker liefdesverhaal waar die man die meisie vra om haar hart vir hom te gee. Die tweede een “Pak My In Jou Tas” is in Mosambiek opgeneem en daarmee saam gaan ’n groot CD-kompetisie waarin mense regoor die land en in Namibië ’n prys terwaarde van R50 000 kan wen.
Waar het jy die inspirasie vir dié musiekvideo’s gekry?
Ek en my bestuurspan het koppe bymekaar gesit en toe met die konsepte opgekom. Mosambiek was ’n inspirasie op sy eie want dit is regtig prentjiemooi daar.
Kan ons ’n derde musiekvideo verwag?
Ons oorweeg dit baie sterk.
Kan ons ’n vierde album verwag?
O ja! – Afrikaans is hier om te bly!!
*Volg Tiro op Facebook of besoek sy webtuiste en bly op die hoogte van sy jongste nuus.
Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356 As jy volgende keer tussen…
Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…
Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…
Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…
Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…
Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…
Hierdie webwerf gebruik koekies.