kategorieë: Bekendes

Ons gesels met sjef Chantel Dartnall

Sy betower gereeld haar gaste by Mosaic-restaurant met ’n spyskaart wat uit agt of nege gange bestaan en wat amper te mooi is om te eet! Haar kookkuns is ’n weerspieëling van haar passie vir kook en is sigbaar in die fyn, kunstige geregte wat sy voorsit. Ons het vir Chantel ’n paar vrae oor haar ervaring van kos gevra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is jou beste kosherinnering?
Ek is bevoorreg om te sê ek het so baie wonderlike kosherinneringe en met elke reis en ontmoeting met nuwe sjefs ervaar ek ietsie nuuts en eksoties. Een van die ongelooflikste smake wat ek ervaar het, was toe ons by sjef Jean George Klein in Frankryk gaan kuier het en hy vir ons ’n baba-langoestien, gemarineer in ’n ligte rooswater, met seekomkommers en ’n vanielje-en-seesout-skuim voorgesit het. Die langoestien was satynsag op my tong en het absoluut weggesmelt in my mond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe beplan jy ’n maaltyd?
Dit is vir my eerstens baie belangrik om te kyk wat seisoenaal beskikbaar is om te verseker dat al my bestanddele die beste smaakgehalte het. Daar moet verskeidenheid op die spyskaart wees, daarom gebruik ek graag speserye en bestanddele van Indië, Marokko en selfs spesiale, avontuurlustige dancing veils uit China. My geregte het ’n kombinasie van tekstuur, geur en smake, asook koue en warm elemente in een gereg sodat die gaste se palet voortdurend gestimuleer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou kos is amper te mooi om te eet, amper soos “kuns-op-’n-bord”. Waaruit put jy inspirasie?
Baie van my inspirasie kom uit die natuur en omgewing om my, asook uit reise wêreldwyd. Ek geniet om dit wat ek in my omgewing ervaar met my gaste te deel.

Op watter gereg is jy veral trots?
Die mooiste gereg waarop ek baie trots is, is die Celebration of Spring – ’n ligte vars slaai gemaak van ’n verskeidendheid seisoenale miniatuurgroente wat individueel gemarineer is en met ’n groot klomp pragtige eetbare blommetjies en tuisgemaakte kruiejellies bedien word. Hieruit is my kookkuns wat tans bekend staan as “botaniese kookkuns”, gebore.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter bestanddeel oorskat mense?
Daar bestaan nie so ’n bestanddeel nie. Soms vergeet ons net van al die wonderlike bestanddele om ons, en wanneer dit “herontdek” word, is dit vir ’n tydperk hoogmode soos granate en al die variëteite van sout.

Van watter kosreuk hou jy?
Ek is dol op die reuk van gebraaide sampioene met ’n bietjie botter en vars basiliekruid.

Wat wil jy nog eet (wat jy nog nooit probeer het nie)?
Ek kan nie aan iets dink nie – ek is so gelukkig dat ek al alles probeer het.

En wat sal jy nooit weer eet nie?
Seekastaiing (sea urchin), die smaak het my nie beïndruk nie, maar miskien eendag probeer ek weer.

Wat is vir jou die lekkerste smaak in die wêreld?
’n Goeie blokkie sjokolade.

Wat is jou idee van comfort food?
Enigiets gemaak met aartappel – kapokaartappels, gebakte aartappels, aartappelskyfies …

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.