kategorieë: Bekendes

Ons gesels met sangeres Josie Field

Wat onderskei jou van ander musikante?
Ek is geweldig hardwerkend. Ek hanteer alles self: die skryf van lirieke, opnames, optredes, besprekings, administrasie, bemarking en ek bestuur my loopbaan en band. Dit vra dapperheid om in hierdie industrie aan die lewe te bly, maar ek doen dit omdat ek lief is vir musiek. Nege jaar en vier albums later beskou ek myself as een van die gelukkiges.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Beskryf jou musiekstyl?
Ek skryf self my musiek so ek kies die styl van elke liedjie. Dit is oor die algemeen ’n samesmelting van al die musiek waarvoor ek lief is – akoesties, blues, indie, folk, soul en ’n bietjie jazz met lirieke wat die hartsnare op ’n eerlike wyse roer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat inspireer jou lirieke?
Meestal persoonlike ervarings, ontmoetings met nuwe mense en die manier waarop ek na die wêreld om my kyk. Ek word geïnspireer wanneer ek op ’n sonnige dag gaan stap, koffie drink, na goeie musiek luister of selfs wanneer ek in ’n liefdadigheidswinkel ronddwaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het al die verhoog met van die wêreld se beste musikante gedeel. Watter optrede sal jy nooit vergeet nie?
Ek het oor die laaste nege jaar al wonderlike ervarings gehad, maar een wat regtig uitstaan, was toe ek in 2010 saam met Ziggy Marley by ’n sokkerpark in Soweto opgetree het. Die gehoor was almal daar om hom te sien, min mense het my geken en nog minder mense het my musiek geken (indien enigiemand). Ek het my musiek gespeel, my bes gegee en ek was net myself. Teen die einde van die vertoning het almal saam gesing, Jamaikaanse vlae geswaai en geskree vir nog. Dit was ’n wonderlike gehoor en ek het glad nie verwag hulle gaan my musiek so geniet nie.

Wat is die beste musikale kompliment wat jy al ontvang het?
Hierdie is nie iets wat enigiemand gesê het nie, dit is iets wat baie mense al gedoen het. Partykeer wanneer ek optree, sal ek iemand in die gehoor sien met trane in hul oë. Trane van blydskap, trane van hartseer of net ’n oorweldigende gevoel van emosie. Dit raak my hart aan want dit is presies wat musiek nog altyd vir my beteken het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou gunstelingvers uit ’n liedjie?
Op die oomblik is my gunstelingvers: “When I thought that I lost my heart in what I believed in, it turned out it just had stopped for some reason.” Dit is uit my liedjie Seasick op my nuwe akoestiese album.

Wie is jou musikale held?
Daar is so baie! Ek waardeer mense wat hul eie musiek skryf en sing. Oor die algemeen onthul liriekskrywers wat self sing iets van hulself, dit is asof hul siele blootgestel word. Fiona Apple, Tracy Chapman, Joan Armatrading, John Mayer, Kings of Leon, Dylan, Van Morisson, The Black Keys, Alanis Morisette, Regina Spektor, ensovoorts!

Wat is jou toekomsplanne?
Ek het pas ’n nuwe liedjie getiteld Yolo vrygestel (dit is op iTunes beskikbaar). Ek is tans besig om my huis in Johannesburg op te knap en sodra dit klaar is, wil ek aan my vyfde album begin skryf. Ek sal in November saam met Laurie Levine op toer gaan vir ’n projek getiteld “Side by Side” (ons het onlangs ’n Standard Bank Ovasietoekenning by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad gewen). Ek wil ook ’n musiekvideo vir Yolo skep en binnekort na Namibië toer.

Waar koop jy jou klere? Het jy ’n gunstelingwinkel?
Nee, ek koop oral klere! Maar ek is veral gaande oor natuurlike materiaal.

As jy 24 uur op jou eie in Johannesburg kan deurbring, wat sal jy doen?
Ek sal laat slaap, my skryfboeke na my gunstelingkoffiewinkel toe neem en skryf terwyl ek die mense dophou. Dan sal ek saam met ’n vriendin gaan middagete eet en liefdadigheids- en tweedehandse winkels besoek. Laatmiddag sal ek ’n lang ent gaan stap en ’n jogasessie doen. Ten laaste ’n glas wyn tydens sonsondergang drink en aandete vir twee geniet saam met my geliefde, voordat ek na ’n goeie band se vertoning gaan kyk.

www.josiefieldmusic.co.za

Foto: Maxwell Lehr Photography

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

38 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

1 hour Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

3 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.