kategorieë: Bekendes

Ons gesels met SA se hartedief, Refentse!

Jy het baie vinnig bekend geword en is nou so te sê ’n huishoudelike naam. Hoe ervaar jy dit?

My lewe het drasties verander. Ek het nooit in my wildste drome gedink dat ek my eie platinum album sal hê en die hele land deur sal toer nie. Dis ’n groot sprong van ’n skool-geroetineerde lewe na die reisigerslewe van ’n kunstenaar. Ek gee nie baie om vir die roem nie, maar ek is dankbaar vir die platform wat dit vir my skep om met mense te kan werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het ’n voëltjie hoor fluit dat jy ook ’n beroep in regte sal wil hê?

Ek het nog nie begin met my studies nie, maar ek het ’n groot passie vir die reg. Ek glo dis ’n fantastiese ‘wapen’ as jy ’n verkil in hierdie land wil maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat maak Afrikaans vir jou spesiaal?

Afrikaans is my hartstaal. Ek lees, skryf, sing en dink in Afrikaans.  Ek druk myself die beste in Afrikaans uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor jou album.

My album bestaan uit 12 liedjies waarvan twee oorspronklikke snitte is. Die snitte is almal liedjies waarmee ek groot geword het, al was dit nie regtig in my era gespeel nie.

Hoe het jy te werk gegaan om die liedjies wat jy op jou album dek, jou eie te maak?

Mens sit maar ’n stukkie van jouself in elke woord en noot. Wanneer die liedjie dan voltooi is, kan jy jou hart in die liedjie hoor.

Sal jy graag ’n album in ’n ander taal ook wil opneem?

Ek sal definitief later ’n album in Zulu of in Engelse vrystel. Ek stel baie belang in tale en dit sal vir my ’n voorreg wees om vir mense te kan wys dat musiek die hart se eie taal is.

Wat is tot dusvêr jou gunsteling-herinnering of -ervaring van jou musiekloopbaan?

Die Krone3-konsert het nogal ’n groot impak op my loopbaan gehad. Dit was ook vir my ’n groot voorreg om op die Ghoema-verhoog voor my helde op te tree, maar ek dink ek het groter geskrik toe ek die nuus ontvang het dat ek my album platinum status bereik het.

Karen Zoid is betrokke in jou loopbaan?

Ek het as ’n busker by die 2015 KKNK gespeel. Karen het toe verbygeloop en ’n R10-noot in my kitaarkas gegooi; ek het gedink ek verbeel my. Die feesbestuurders het my toe die aand na die BBP-kamer geneem om al die groot kunstenaars te ontmoet. Daar het ek vir Karen ontmoet en sy nooi my toe om saam met haar in haar vertoning die volgende aand te speel. Om saam met haar die verhoog te kon deel was asemrowend. Ek knyp myself nou nog om te kyk of dit werklik gebeur het.

Kan ons ’n tweede album verwag?

Ek is besig om te skryf en aan my oorspronklike album te werk. Ek is baie opgewonde om te sien hoe Suid-Afrika daarop gaan reageer.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

4 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

15 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.