kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Ronan Keating

Wat is jou gunstelingwoord in Afrikaans?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek dink ek ken net die woord, ‘braai’. Ek het selfs oor die jare heen, tydens my besoeke aan SA, ’n paar braaie bygewoon!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Augustus is Vrouemaand en as sulks word daar baie op kanker gefokus. Jy is ’n groot rolspeler in die geveg teen kanker met dié dat jy die Marie Keating Fondasie help stig het. Vertel ons meer daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons (ek, my broers en my suster) het die Marie Keating Fondasie begin nadat ons ma aan borskanker oorlede is. Die kanker wat sy gehad het was geneesbaar, maar sy was te laat gediagnoseer vir die dokters om haar te red. Soos die meerderheid vroue van haar ouderdom het sy nie vir haar jaarlikse ondersoeke gegaan nie. Ons was baie ontsteld hieroor, ook kwaad en deurmekaar. Ons wou daardie negatiwiteit in iets positiefs omskep. Ons het toe besluit om die Marie Keating Fondasie te gebruik om ’n mobiele eenheid te befonds wat oor die hele Ierland toer en die nodige inligting oor kanker bekendmaak. Dié eenheid help ook om potensiële kankerlyers se verwysings na dokters vinniger te laat geskied. Ons het ook ’n ‘comfort fund’ wat aan kankerlyers en hul gesinne ondersteuning bied.

Wat maak ’n vrou vir jou spesiaal?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Selfvertroue en ’n positiewe persoonlikheid. Ek glo in die: “Beauty is only skin deep”. Dit wat binne is, is beslis meer belangrik as die uiterste.

Watter atleet gaan jy tydens vanjaar se Olimpiese Spele dophou?

Ek dink almal se fokus gaan vanjaar op Usain Bolt wees. Dit is regtig wonderbaarlik om hom te sien hardloop en ek dink dit is ongelooflik dat hy vir só lank een van die wêreld se topatlete in só ’n kompeterende veld is.

Vertel ons meer oor jou jongste album, Time of my Life.

Vir die eerste keer in my lewe het ek die tyd gevat om werklik vanuit my hart te skryf en myself regtig in elke deel van my liedjies te plaas. Ek het ’n wonderlike medeskrywer in Dan Healy gevind. Ons het in my kombuis gesit en skryf wat dit net soveel meer eg laat voel het.

Jy het oor die jare heen verskeie toekennings vir jou musiek ontvang. Ervaar jy enige druk om met elke nuwe snit iets besonders op te neem?

Nee, dit is nie iets waaraan ek dink nie. Ek wil net die beste wees wat ek kan wees. Ek hou nie daarvan om te besluit of ’n sekere liedjie of album ’n toekenning moet kry nie, dit is nie vir my nie.

Wat kan ons van jou optredes hier in Suid-Afrika verwag?

Ek is baie opgewonde om weer in Suid-Afrika te toer. Dit is ’n land wat baie spesiale herinneringe vir my inhou. Die gehoor is ook altyd fantasties en ek hoop dat hulle opgewonde sal wees om die snitte van my nuwe album, saam met ’n klomp ou gunstelinge, te hoor.

Behalwe vir jou musiekloopbaan is jy ook akteur en aanbieder. Vertel ons meer hiervan.

Die afgelope paar jaar het ek dit nogal geniet om my lyf akteur te hou. Dit is baie anders as my musiekloopbaan, maar net so lekker. Die vier maande wat ek in die West End-musiekblyspel, Once, gespeel het was baie uitdagend, maar beslis een van die hoogtepunte van my loopbaan!

Gaan enigeen van jou gesin jou na Suid-Afrika vergesel?

My vrou, Storm, gaan my vergesel en ons gaan definitief probeer om soveel as moontlik van die land te sien. Ons was onlangs vir Gary Player se 80ste verjaarsdag by Sun City gewees, so ons sien daarna uit om weer terug te kom.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

2 days Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

2 days Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

2 days Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

2 days Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.