kategorieë: Bekendes

Ons gesels met MasterChef se George Colombaris

Suid-Afrikaners is gaande oor MasterChef Australië. Vertel ons meer oor die nuwe reeks wat eersdaags in Australië afskop?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is al ons 8ste jaar! Dit is alles wat jy verwag van MasterChef met ’n paar opwindende kinkels daarby. Die deelnemers is almal interessante mense en die standaard was geweldig hoog die jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


Was daar enige wenners of deelnemers wat jou gunstelinge was?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nee! Ek het van almal gehou, elkeen is my gunsteling.


Hoe het MasterChef Australië se eet- en kookgewoontes verander?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie, ek dink nie net in Australië nie, maar ook in die res van die wêreld! Mense wil weer kook, maak nie saak of hulle agt of 80 is nie.


Watter raad kan jy aan jong sjefs bied?

Werk hard! Daar is geen ander geheim vir sukses nie. Droom groot en werk hard om jou drome te bereik.


Wat is jou gunstelingkosherhinnering uit jou kinderdae?

Om gebraaide seekat direk van die kole af te eet by my oom se huis. Die kosbare herhinnering om langs die vuur saam met my oom en Pa te staan, asof ek ook een van die groot mense is.


Wie inspireer jou?

Alle sjefs wat passievol is oor wat hulle doen. Sjefs soos Marco Pierre White en Heston Blumenthal, die leiers, inoveerders en skeppers. Hulle sit nooit stil nie en druk altyd voorentoe.


Kan jy ’n paar van die jongste kosneigings met ons deel?

Ons pekel en gis (fermenteer) baie kosse. En ons gebruik ook baie interessante Japanese bestandele in ons kos.

*George Colombaris tree op Saterdag, 28 Mei 2016 om 12:00 by die Chefs Open Theatre op en op Sondag, 29 Mei om 13:30. 

Die Good Food and Wine-skou trek vanjaar ’n splinternuwe baadjie aan met nuwe eienaars Fiera Milano Exhibitions Africa aan die stuur. Die hele ervaring gaan baie meer interaktief wees met unieke sensoriese ervarings vir kos en wynliefhebbers. Kreatiewe kunstenaar Hannelie Visser is die samesteller van die uitstallings en gaan verseker dat dit die jongste kos- en leefstylneigings vir besoekers bied.

Die Sjefs Teater is dié jaar gratis en oop vir almal om te geniet. Bekende sjefs soos George Calombaris en Adriano Zumbo van Masterchef Australië-faam tree daar op saam met plaaslike bekendes soos Jenny Morris en Siba Mtongana.

Daar is ook ’n nuwe gesondheidsafdeling wat ’n wye verskeidenheid gesondheidsprodukte sal bekendstel. Loer gerus ook in by die Eat Well Live Well-teater om 11:30 op Sondagoggend waar rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, smullekker laekoolhidraat-resepte uit haar boek The Low Carb Solution for Diabetics saam met medeskrywer Kath Megaw sal demonstreer.

Kaartjies kos R140 per persoon (volwassenes) en jy kan ook ’n naweekpas teen R190 koop. Vir meer inligting en kaartjies besoek www.goodfoodandwineshow.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

8 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

8 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.