kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Liezel Pieters

Vertel ons meer oor “Sing my Hart Uit”

Sjoe, sing my hart uit is ’n album waaraan ek al twee en ’n half jaar werk (as dit nie al langer is nie). Ek wou nog altyd ’n album uitbring, maar ek wou dit reg doen. Ek wou deel wees van die skryf en samestelling van die album, terwyl ek ’n stukkie van my hart daarin sit. Ek het saam met ’n wonderlike skryfspan vanuit die Kaap gewerk en ons het dit reggekry om ’n droom-album uit te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingsnit op die album?

Die naam sê dit alles: “Lekker lyf lekker”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat beteken hierdie album vir jou?

Dit is ’n deel van my hart wat ek aan diegene gee wat gewillig is om te luister.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kan ons enige musiekvideo’s verwag?

Ja, daar is ’n video vir “Asmeloos” en “Droë Riviere”.

Kyk die video vir “Droë Riviere” hier:

Gaan jy met hierdie album toer?

Dit is beslis die plan, maar ek wil dit eers teen die einde van die jaar doen. Dan is dit soos ’n “working holiday.

Wat was die grootste uitdaging wat jy met die maak van die album ervaar het?

Om die liedjies te skryf was vir my baie moeilik, want dit is iets wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie. Gelukkig, nou dat ek saam met ’n wonderlike span skryf, weet ek dit is iets wat ek vir ’n lang tyd sal wil doen.

Wat beteken dit vir jou om jou hart uit te sing?

Wel, vir my is dit om alles te gee wanneer ek voor die mense staan wat daar is om my te sien. En dan natuurlik, om my hart vir hulle in die vorm van my album te gee.

Wat hou die res van 2017 vir jou in?

Ek hoop dat dit net sukses sal inhou met baie optredes waar ek my hart uit kan sing.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

10 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

10 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.