kategorieë: Bekendes

Ons gesels met leefstyl-sjef Izelle Hoffman

Wat het jou liefde vir gesonde kookkuns aangewakker?

Ek het die voorreg gehad om op ’n plaas groot te word met ouers wat lief is vir kook. Vir my is kos baie meer as net voeding. Dit beïnvloed jou hele wese as mens mooi daaroor dink. Dit kan jou gesondheid bepaal, jou lewenskwaliteit beïnvloed en ook as ’n medium van liefde gesien word. Vir my het ’n lekker bord kos en ’n opregde drukkie dieselfde uitwerking! So, hoekom dit nie ’n gesonde drukkie maak wat ’n goeie uitwerking op jou liggaam het nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is jou raad aan diegene wat ’n gesonder eetstyl wil aanneem?

My grootste droom is dat ek mense se persepsie van kos kan verander. As jy weet wat op jou bord is, en ook weet watter uitwerking dit op jou gesondeid het, sal mens twee keer dink voor jy sommer enigiets in jou mond prop. Gesondheid is seker een van die duursaamste en waardevolse bates wat enigiemand kan besit, so hoekom dit belemmer deur nie na jouself te kyk nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek moedig almal aan om labels te begin lees, as jy nie die bestanddeel daarop kan uitspreek nie, hoe kan jy dan aanneem dit is goed vir jou? My voorstel is dat mense soveel as moontlik “Whole Foods” begin eet. Koop items wat ’n paar basiese bestanddele bevat, en maak seker jy weet wat elkeen is. Ek glo as mens dit kan toepas, gee jy reeds ’n stap in die regte rigting.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingresep?

Jong, ek is maar stout vir ’n soethappie! Maar daar is altyd plek vir lekker sout ook. Een van my gunstelingresepte is my hoendersosaties. Mens kan die marinade vir enige hoenderdis gebruik en die ander bestanddele gaan net so lekker saam, maak nie saak watter snit hoender jy wil voorberei nie. Selfs ’n heel hoender in die oond vir ’n familie-ete is ’n wenserep.

Klik hier vir Izelle se lekker pynappel-en-rooi-soetrissie hoendersosaties-resep

Kan mens steeds ’n soetding geniet, al volg jy ’n gesonde eetstyl? Watter gesonde soetgoed stel jy voor?

Natuurlik kan mens! Om gesond te wees beteken nie jy moet vir die res van jou lewe jouself straf met smaaklose gestoomde kos sonder enige soethappie nie. Ek het ’n hele reeks resepte wat ek gereeld bak, van soetpatat-bruintjies tot piesangbrood!

“’n Gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees”

Watter bestanddeel is altyd in jou koskas?

Jong … Verseker heuning! Ek maak slegs van rou heuning gebruik, en gebruik dit in die meeste disse –van soet tot sout.

Die rede hiervoor is omdat heuning ’n baie doeltreffende geneesmiddel vir allerlei kwale is. Dit het minstens geen newe-effekte nie, behalwe dat dit jou soettand verder kan bederf. Volgens wetenskaplikes is dit nie eens nadelig vir diabetes-pasïente nie, mits dit in die regte hoeveelhede en vorm (rou) as medikasie geneem word.

Jy het onlangs ’n kookklas saam met Fuji Film en Zomato aangebied. Vertel ons meer daarvan.

Ek is erg opgewonde oor hierdie reeks kookklasse. Ons berei vyf disse voor waarvan die hoendersosaties een is. Ek verduidelik ook hoekom ek sekere bestanddele gebruik, sowel as wat die gesondheidsvoordele van hierdie bestanddele is. Na ons gebak en gebrou het, neem Nextgen-fotografie oor om vir almal te verduidelik hoe mens die regte kosfoto’s neem en leer ons ’n paar beginsels wat sal verseker dat ons altyd ons beste voetjie voorsit voor ons ’n kosfoto op sosiale media deel! Dit is dan waar Zomato inkom (’n media platvorm waar jy ’n indeks van restaurante kan kry, mense se ondervindings van die restaurante kan lees sowel as foto’s van die disse en spyskaart kan beloer).

Is daar enige ander kookklasse wat jy gaan aanbied?

Ek het nog ses Fujifilm-klasse vir 2017 beplan en die datums sal vroeg volgende jaar beskikbaar wees. Lesers kan gerus boek en saam met ons kom bak en brou en ’n koppie koffie geniet.

Met Kersfees om die draai kan baie mense hul gesonde eetgewoontes opsy sit. Het jy enige raad vir diegene wat dit moeilik vind om tydens die feestyd gesond te eet?

Dit is maar altyd moeilik om jou nie aan al die lekkernye te vergryp nie. Maar wat ek voorstel, is dat jy neute en gedroogde vrugte, sowel as vars vrugte, deelmaak van die versnapperinge. Mens kry die lekkerst vrugte en neute, so jy gaan glad nie uitgesluit voel wat lekker-eet betref nie, en ten miste is dit gesonde kalorieë.

As daar vir die Kerstafel disse voorberei word, maak seker dat gesonde slaaie en groentes al die ander lekkernye uitbalanseer. Op hierdie manier is jy reeds ’n stap beter af as wat jy andersins sou gewees het. En onthou om daardie labels te lees en soveel as moontlik van “Whole foods” gebruik te maak.

Wat hou 2017 vir jou in?

Ek is bitter opgewonde oor wat die nuwe jaar mag inhou, met God se genade kan ek my droom uitleef en mense se persepsie van kos verander.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.