kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Jan Hendrik van der Westhuizen

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My moeder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunsteling- Suid-Afrikaanse dis?

Sago-poeding en melkkos. Dit het ook meer te doen met die gedagtes waarin ek dit geëet het wat dit so groot gunsteling maak. Sondagaand was Melkkos-aand met Carte Blanche en die 20:00 Mnet movie. Ons sou as gesin op die bruin bank ge-cuddle het met n bakkie melkkos met kaneel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En Franse dis?

Baguette en botter.

Watter bestanddeel dink jy word oorskat of te veel gebruik?

Ek glo daarin om alles in matigheid te gebruik. Behalwe room, botter, sout, rys, aartapels, olyfolie, asyn, wyn … oukei wel … I rest my case.

Wat eet jy nie?

Ek eet regtig enigiets behalwe vis-testikels wat ek op ’n onlangse besoek in Japan geëet het. Ek sal sê dis die een ding wat ek nie weer sal wil eet nie!

Foto: JAN

Wat is, volgens jou, op die perfekte spyskaart?

Enige iets wat binne seisoen is.

Wat weet niemand van jou nie?

Ek het ons “Beta”-videomasjien gebreek toe ek 13 jaar oud was en hom begrawe in my ouma se groentetuin. Jammer ma. Jammer pa.

Lees ook: Jan-Hendrik van der Westhuizen: van plaasseun tot sjef

rooi rose vier vanjaar haar 75ste verjaarsdag. As jy vir haar ’n koek sou bak, wat sou dit wees?

’n Nat sjokoladekoek met dik karamel. Dis al.

Van watter kos-en-drankie-kombinasie hou jy die meeste?

Gemmerkoekies en koffie.

Wat dink jy van leefstyle soos Banting, Vegan en Vegetaries?

Almal is geregtig op ’n manier van eet, leef en wees. Sonder brood? Jammer, ek kan nie.

Lees ook: Almal praat hieroor: JAN behou sy Michelin-ster vir 2017

Waarna sien jy uit by vanjaar se Good Food & Wine Show?

Om saam met my mense te kuier oor kos en wyn!

*Die Johannesburgse Good Food & Wine Show vind vanjaar tussen 28 en 30 Julie 2017 by die Ticketpro Dome plaas. Lees meer hier

Wat wag volgende op Jan Hendrik van der Westhuizen?

Nou, nou, geduld asb …

Instagram-foto’s: Kyk hoe lekker lyk die disse wat hy in sy restaurant in Frankryk, JAN, skep

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

3 hours Gelede

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

4 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

4 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.