kategorieë: Ontspanning

Ons gesels met Heidi van Sneeukoningin

Die karakters word deur die stemme van bekendes soos Bettie Kemp, Anton Dekker, Heidi Mollentze en Pierre Breytenbach lewend gemaak, terwyl pragtige tonele en hoë gehalte animasie kykers na ’n pragtige yswêreld neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die fliek word op 30 Oktober in Suid-Afrika vrygestel en sal by alle Ster Kinekor, NuMetro, Epic Cinemas en @Movies -teaters gewys word asook in Namibië by Ster Kinekor teaters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het met Heidi Mollentze gesels om meer oor haar rol as die Sneeukoningin uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou beroep as aktrise en stemkunstenaar fokus meer op radio en televisie. Hoe was dit om ’n rol in ’n fliek te vertolk?

Met radio en televisie, waar jy jou eie karakter van nuut af skep, is dit vryer. Met oorklanking is die tempo waarteen jy praat, asook die gesigsuitdrukkings vooraf bepaal. Ek moet dus my oog hou op die woorde wat verby rol, asook die beeld om in sync te bly. Maar ook om by dié twee gegewes aan te pas. Terselfdertyd moet ek ook toneel speel en my eie stempel op die rol afdruk. Veral animasie moet so eerlik en opreg as moontlik gespeel word om die beste resultate te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Was dit ’n droom van jou om jou beroep na die silwerskerm te neem?

Beslis, ja! Dis ongelooflik lekker as mens jou naam op die plakkaat of op die groot skerm sien. ’n Fliek waarin ek ’n rol vertolk het, The Jakes Are Missing, begin op 23 Oktober in fliekteaters draai – so, ek het hierdie lekkerte twee maal in een maand.

Vertel ons meer van die proses om stemopnames vir die rolprent te maak.

’n Mens moet altyd jou oog op die beeld én die woorde wat verby rol, hou. Die tempo waarteen jy praat, word bepaal deur die tempo van die woorde op die band wat rol. Die intensiteit waarmee jy elke woord sê, word deur die karakter op die beeld se gesiggie, mondjie en lyftaal bepaal. Dis nogal ‘tricky’, maar as mens dit eers gesnap het, gaan dinge sommer voor die wind. ’n Mens moet natuurlik nie vergeet om nog ’n sterk dosis toneelspel ook by te werk nie.

Was dit nodig om enige spesiale tegnieke tydens jou stemopnames te gebruik om jou stem vir dié rolle meer geloofwaardig te maak?

Tegnieke soos goeie, duidelike artikulasie en mikrofoon-projeksie is altyd uiters belangrik. Daarmee saam is karakterisering die nommer een verantwoordelikheid. Ek dink myself net in die karakter in soos wat ek vir TV of verhoogwerk sou doen. Die karakterisering moet konstant wees.

Die rolprent is ’n eerste in Afrikaanse animasie. Watter invloed dink jy sal die film vir die Suid-Afrikaanse filmbedryf hê?

Ek hoop dat hierdie rolprent ’n kettingreaksie aan die gang sal sit, wat meer Afrikaanssprekendes na die film teaters sal laat gaan.

Wat is jou gunstelingdeel van die rolprent?

Waar die trol, die Sneeukoningin se handlanger, uiteindelik opstaan vir himself en die koningin teenstaan.

Beskryf die rolprent in een sin.

Die geveg tussen goed en kwaad.

Wat is jou gunstelingsprokie?

Aspoestertjie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

2 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

5 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.