kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Geon Nel oor NNK: “Waar daar donkerte is, is daar lig”

Geon Nel se vertolking van Frans, die oudste van die Adendorff-broers in Nêrens, Noord-Kaap, is een van die pilare waarop dié uitstekende dramareeks staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Frans is deur baie in Nêrens, Noord-Kaap Deel II, maar het tog staande gebly. Hoe het jy vir Deel II voorberei?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, hy is omtrent deur baie, maar al die karakters gaan deur soveel diep donkerte in hierdie reeks. Ek glo wel dat waar daar donkerte is, is daar lig. Ons was bevoorreg met die voorbereiding van Deel II omdat ons die verhoogproduksie en Deel I gehad het om op voort te bou. Die hoofspelers het dus presies geweet wie die karakters is en ons was reg vir die lang reis oor berge en deur dale. Nico Scheepers (die reekse se regisseur en skrywer) het ons voorberei op wat kom, maar gelukkig ken ons die karakters en mekaar so goed dat ons mekaar se energie kon gebruik en van mekaar af kon speel. Wat ’n voorreg!

Daar is verskeie tonele tussen jou karakter en Frank Opperman (Pa Lourens) wat hulle komplekse verhouding uitlig. Die pap teen die kombuiskaste, die skeer-tonele, die tonele waar hy vir jou sê jy is nie onsigbaar nie. Het julle hierdie tonele repeteer of vooraf bespreek?

Om die skerm met Frank te deel en hom nog beter te leer ken, is so ’n voorreg. Veral daardie intieme tonele – die klassieke pa-en-seun struweling. Ons het voor ons geskiet het, vir mekaar boodskappe gestuur en gesê, “kyk nou net weer wat doen pa Lourens aan Frans,” so ons het geweet wat kom, maar ons het nie juis repeteer nie. Ons het wel voor die tyd met Nico gepraat en ons het die spasie waarin dit gebeur goed geken, maar om daardie egtheid te behou het ons dit nie voor die tyd geoefen nie. Ons sou die tonele vir die volgende dag net die aand voor die tyd saam deurlees en ’n paar idees rondgooi, maar die emosies het in die oomblik gebeur. As jy vir Frank in die oë kyk en jy sien hoe goed hy die rol speel en veral die Alzheimers, kan jy jouself so goed inleef dat jy glo hy is jou pa wat nie weet waar hy is of watter seun voor hom staan nie. Dit was ongelooflik om daardie tonele saam met hom te doen.

Wat is die belangrikste les wat jy by Frans geleer het?

Moenie alles net vir jouself hou nie. Glo in jouself. Práát. Sê hoe jy voel. Sê vir jou mense jy is lief vir hulle. Dis so belangrik. Ek is self ’n man met ’n vrou en ’n dogtertjie en dis so belangrik om vir hulle te sê ek is lief vir hulle. Dis nie iets wat Frans noodwendig doen nie, maar hy het my geleer om dit te doen.

Wat hoop jy leer kykers by hom?

Jy kan sien wat gebeur as jy nie hulp kry nie en nie in jouself glo nie -as jy nie jou demone oorwin en aan die ander kant kan uitkom nie. Al lyk dinge hoe moeilik nou, hou net uit. Daar is altyd lig aan die einde van die tonnel, maak nie saak hoe donker dit lyk nie.

Niemand sal na jou, Albert en De Klerk kyk sonder om aan die Adendorff-broers te dink nie. Wat maak jou “broers” en julle verhouding spesiaal?

Daar sal altyd daardie band tussen ons drie en Nico wees. Ons het al soveel saam gereis – amper die hele land vol – en ons het baie goeie tye saam gehad. Die energie tussen ons is daar omdat ons mekaar so goed ken. Ek dink dit is wat op skerm oorkom. Ons leer nie nog om die karakter te wees nie, ons ís die karakters. Ons sal lewenslank kan terugkyk en trots op hierdie produksie wees. Daarvoor sal ek altyd dankbaar wees.

Het jy ‘n gunsteling-oomblik in Deel II?

Dis so moeilik om een oomblik uit te sonder, maar ek dink dit is die heel laaste toneel van die heel laaste episode. Natuurlik kan ek nie nou sê wat dit is nie, maar ek het die draaiboek en daardie toneel in ’n koffiewinkel gesit en lees en begin huil. Mense het seker gedink ek het slegte nuus gekry, maar dit was net so ’n spesiale oomblik. En natuurlik die hele produksie – elke liewe mens betrokke het dit so spesiaal gemaak.

Wat is kykers se reaksie as hulle met jou oor die reeks praat?

Daar is ’n hele paar mense wat sê ons boeties het issues! Hulle vra ook hoekom ek so lelik met my pa is en hoekom hy so lelik met my is. Dit wys jou net hoe hulle hulself in die reeks inleef. Hulle sal sê hulle kan nie meer kyk nie, want hulle het nie meer genoeg tissues nie. Daar is ook mense wat dit herken omdat hulle ’n pa het wat Alzheimers het of hulle ma jonk verloor het, maar oor die algemeen is dit net dankbaarheid vir die reeks. Natuurlik ook vrae of daar nog ’n seisoen kom en dan moet ek sê, “Nee, hierdie is beslis die finaal.”

As jy terugkyk na Nêrens, Noord-Kaap – van die begin met die toneelstuk tot nou – waaraan dink jy?

Dit is nou al agt jaar wat ons hierdie pad van Frans, Ronnie en Andries saam met Nico loop. Dit is een van daardie ervarings wat mens dalk nooit weer in jou lewe gaan kry nie – om aan ’n toneelstuk te werk en die karakters ten volle te ontwikkel, al die feeste en dorpe te toer en dan te hoor dit word ’n reeks. Om vir Frank by een van die vertonings wat hy kom kyk het raak te loop en te sê dit sal lekker wees as hy die pa kan wees en dan gebeur dit. Al die mense wat ek ontmoet en vriende wat ek gemaak het, spelers soos Shana Mans, Marion Holm, Daneel van der Walt, Ilse Klink en Dean Balie… Ek wil eintlik almal se naam noem. Die crew en elke liewe ander speler. Ek sal dit altyd koester. Om in die Noord-Kaap te kom en daardie vlaktes te ervaar en te weet dis waar hierdie karakters woon, ons het dadelik so welkom gevoel. Dit is regtig ’n eens-in-’n-leeftyd ervaring. Ek dink elkeen van ons sal dit altyd sien as een van ons loopbaanhoogtepunte.

Watter rol hoop jy kom nog oor jou pad?

In die teater sal ek graag Dr. Faustus, die toneelstuk deur Christopher Marlowe, wil doen as ek ouer is. Dis ’n epiese rol. Maar daar is nie eintlik droomrolle nie, want elke rol is ’n ervaring. Ek dink ek was al genoeg ’n boer! Maar ek kla glad nie, geensins nie. Ek sal graag ’n aksiefilm wil doen. Alles is ’n avontuur. Dis so lekker om wanneer jy ’n rol kry, uit te vind wat sy horlosie laat draai en wat jy daarmee gaan maak.

Wat is jou planne vir die res van 2024 en ook vir 2025?

Die res van hierdie jaar is ek nog besig op Kelders van geheime en dan gaan ek en my gesin Gansbaai toe waar ek grootgeword het en vir twee weke so tussen Gansbaai, De Kelders en Baarskeerdersbos kuier. Volgende jaar is dit weer volstoom Kelders, maar ek is ook ’n kulkunstenaar en is besig om ’n nuwe vertoning bymekaar te sit wat ek iewers op mense sal loslaat.

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Pas bekend:’Die Byl’ se sesde seisoen is om die draai!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 vinnige varkvleisresepte vir aandete

Ons het vyf heerlike en maklike varkvleisresepte bymekaargemaak wat jy vinnig vir aandete kan maak!…

13 hours Gelede

Golden Globes 2025: Ons 8 gunsteling uitrustings

1. Demi Moore in Armani Privè [gallery columns="2" size="medium" ids="150043,150044"]     2. Zoe Kravits…

17 hours Gelede

‘Suidooster’: Dié vyf storiekinkels skop vanjaar af!

  Hierdie vyf storielyne gaan kykers in Januarie op hul tone hou:    Bridgette se…

19 hours Gelede

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

3 weeks Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 weeks Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.