kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Franja du Plessis

Deur Catherine Schenck. Foto: Willem Botha.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy, jou ma Juanita en jou broer Ruan Josh het onlangs ’n CD genaamd Kaalvoetkinners vrygestel. Wat was jul motivering en hoe was dit om saam met hulle te werk?

Baie mense het al gevra wanneer ons ’n album  gaan uitreik. Ons het altyd geweet ons wil dit doen en die tyd het net reg gevoel. Dit is baie lekker om saam met hulle te werk. Ek glo elkeen bring iets unieks in die ander uit en elkeen se mening maak die eindproduk beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ons onderhoud met Franja en haar broer Ruan Josh.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het laas jaar heelwat pryse vir jou debuutalbum gewen. Wat het hierdie ervaring jou geleer?

Dat alles net een groot blessing is en dat harde werk tog beloon word. Jy moet aanhou droom en glo dat jy jou doelwitte sal bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarmee is jy tans besig?

Ek werk op die oomblik in die ateljee aan my tweede album. Ek is baie opgewonde daaroor! Verder toer ek sodat mense my musiek kan hoor.

Wie en wat inspireer jou musiek?

Dit wat met my of die mense rondom my gebeur. Ek dink die Here en mense na aan my inspireer my die meeste. Partykeer sit ek my in iemand anders se skoene en skryf daaroor. Ek dink ook dit hang af na watter soort musiek ek luister.

Hoe skryf jy jou liedjies?

Ek sit meestal met my kitaar of voor ’n klavier, en ek kry ek gewoonlik eerste die melodie. Dan sal ek aan ’n titel of ’n versreël dink wat goed daarby sal pas. Ek het selfs al liedjies gedroom. Dan neem ek dit met my foon op sodat ek dit nie  teen die volgende oggend vergeet nie.

Saam met wie sal jy nog graag ’n liedjie wil sing?

Dis vir my moeilik om te kies. Ek dink Elandré het vir my een van die mooiste en mees unieke stemme. Ek sal graag wil hoor hoe klink ons stemme saam. En verder enigiemand saam met wie ek lekker sal werk.

Wat het jou laat besluit om ’n musikant te word?

Ek het met musiek in ons huis grootgeword. Ek  was altyd lief daarvoor en ons het graag vir my ma-hulle shows gehou. Maar ek dink in die hoërskool het die gogga my behoorlik gebyt. Ek het self begin skryf en ek dink dit maak dit net soveel meer spesiaal en lekkerder as jy self kan skryf. ’n Mens groei elke dag. Ná skool het ek in As Jy Sing gespeel en ek het daar al klaar geweet dít is wat ek wil doen. As dit nie is om te sing nie, dan net om in die ateljee te kan werk of te skryf.

Jy het ’n kwalifikasie in musiekproduksie en werk by jou ouers se platemaatskappy. Wat geniet jy die meeste van die vervaardigingsproses?

Om te hoor hoe die liedjie groei en nog beter word. Ook om nuwe goed te probeer: ek leer elke dag meer of iets nuuts.

Wat is vir jou belangrik?

Vir my is my verhouding met die Here belangrik en om die pad te stap wat Hy vir my uitgelê het. Die mense na aan my vir wie ek lief is, is ook belangrik.

Wat laat jou lag?

Ek lag gewoonlik vir die simpelste goed; die GIF’s op WhatsApp kan snaaks wees. En mense laat my ook lag. En ek lag baie vir myself ook.

Wonder jy wat ’n GIF is? Lees hier.

Wat laat jou huil?

Ek huil maklik, en dikwels weet ek nie eens hoekom ek huil nie! As ek baie kwaad is, huil ek, en sommer oor enige iets wat my na aan die hart lê. Ek gee om vir ander mense, en ek sal partykeer sommer huil as iemand anders huil.

Wat is die lekkerste ding wat jy al op die verhoog moes doen?

Dis vir my lekker om die verhoog met my ma en Ruan te deel. Die danse wat ons een jaar vir As Jy Sing by Afrikaans Is Groot moes doen, was ook lekker. Ek sal eintlik goed wil leer dans!

Luister hier na Franja en Ruan Josh se duet Ek Wil Lewe.

Jy is ’n trotse Namibiër wat al ’n ruk lank in Suid-Afrika woon en jy het al baie gereis. Wat is jou gunsteling-plek?

Hentiesbaai in Namibië sal altyd een van my gunstelinge bly. En dan ook ons plaas. As dit ’n ander land moet wees, sal ek sê Nashville of Texas in Amerika.

Lees ook: Juanita du Plessis: Suidwes is in die Bloed

Waarna sien jy vanjaar uit?

Ek sien uit om my nuwe musiek met die mense te deel. Ek sien uit na die Innibos-fees en Krone en om te toer en nuwe mense te ontmoet. En om die beste van die lewe te maak!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.