kategorieë: Bekendes

Ons gesels met die akteurs van Jou Romeo

Ruan Wessels

Vertel ons van die oomblik toe jy uitvind jy het die rol gekry? Wat het jy gedoen en hoe het jy dit gevier?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het baie goed gevoel en ek was verskriklik opgewonde. Ek het myself sommer bederf en ’n pizza bestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer van jou karakter, Marko?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marko is die coolste ou in die skool. Hy is baie soos enige ander skoolseun. Hy is mal oor sport, veral krieket, hy haat wiskunde en hy hou daarvan om tyd te spandeer saam sy vriende.

Watter uitdagings as akteur het jy tydens die verfilming van Jou Romeo ervaar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek sou sê die grootste uitdaging wat ons ervaar het, was die weersomstandighede. Ons het twee-uur soggens in yskoue water geswem – in die koudste kouefront wat Gauteng al gehad het!

Hoekom, dink jy, moet hoërskoolleerders Jou Romeo kyk?

Hoërskoolkinders gaan die fliek baie geniet omdat sosiale media baie ingetrek is en daar is baie moeite gedoen met die kamerawerk en dit is DIE beste tienerfilm wat al ooit gemaak is.

Wat is jou toekomsplanne?

Ek wil volgende jaar graag begin skryf. Daar is een fliek, Kampterrein, wat volgende jaar gaan uitkom. En ’n reeks, Seepglad, wat ook volgende jaar begin draai.

Lees ook: Nuut in die flieks – Kampterrein

Christopher van der Westhuizen

In watter hoërskool is jy?

Ek is tans ’n matrikulant in Hoërskool Randburg. Die skool is baie goedgesind teenoor ek wat die film kon doen tydens my Matriekjaar.

Hoe het jou hoërskoolloopbaan jou voorberei om die rol van Tyler te speel?

Ek is in my hoërskoolloopbaan dikwels as die buitestaander gesien en ek het soms ook so gevoel. Ek het maar altyd die kultuuraktiwiteite gedoen en veral in my senior jare myself in die dramaklas bevind. Ek is baie betrokke met die kultuur by my skool, soveel so dat ek hierdie jaar gedien het as die hoofverteenwoordiger van kultuur op ons leerlingraad. As ek kyk na die karakter van Tyler het daar beslis aspekte van my skoolloopbaan ingeglip. Dit is maar so met alle karakters wat jy as akteur vertolk. Jou karakter word amper die spraakbuis vir jou eie gevoelens soos jy as akteur probeer om die “bladsy-karakter” in die werklikheid te skep.

Een van die goed wat my skoolloopbaan my beslis van die film geleer het, is hoeveel politiek daar in die skoolsisteem is. Veral as ons begin kyk na die korrelasie tussen sport en kultuur. Dit gaan maar oor wat die populêre ding is. Te dikwels verskoon skole die menslike sensitiwiteit wat gepaard gaan met die mense wat sy gange loop. Om self in ’n skool te wees het my toegelaat om dit raak te sien en dit te probeer uitwys in my karakter.

Is daar enige ooreenstemmings tussen jou (as Christopher) en jou karakter?

Ek dink as jy dit vir enige akteur sal vra, sal hy/sy die vraag met ’n ja kan antwoord. Iets wat my nog vir ’n lang tyd bygeval het, is ’n paar wyse woorde wat ek raakgelees het in my voor-slaap-Facebook-scrolls, ek kan nou nie onthou wie dit gesê het nie maar dit lui so: “No matter how different your character is, always look for yourself.” Hierdie help nogal baie om ’n realistiese, geloofwaardige karakter te skep.

Ek beweeg nou van die punt af. 🙂 Ek en Tyler het wel ooreenkomste. Ons albei wil die meeste van die tyd net hê wat die beste is vir ons familie (vriende wat familie word), naamlik: Yvette en die brigade se Show. Al is die maniere hoe ons dit probeer regkry nie altyd so goed nie, ons motiewe bly suiwer.

Ons is ook albei soms effe dramaties. Tyler wel meer as ek. Maar ek sukkel om myself so aggressief soos Tyler te sien. Dit was juis ’n ding wat moeilik was vir my om in die karakter te kry, hoe kwaad en aggressief die karakter is teenoor baie van sy medekarakters.

Hoekom, dink jy, moet hoërskoolleerders Jou Romeo kyk?

Hierdie film is vir my verskriklik relevant. Die gemiddelde ouderdom van die spelers is dieselfde as die meeste matrikulante, wat verseker dat dit nou toepaslik is. Dit is vinnig, gepas en relevant vir sy tyd en gehoor. Onder André Velts se spelleiding is daar ’n eerlikheid in die film wat ek voel mens nie sommer sien nie. Maar behalwe dit, weg van die tegniese interessantheid en spel wat so lekker speel, voel ek die vraagstuk wat die film raak is veral relevant.

Ek persoonlik dink dit is iets wat ek sou wou hoor toe ek as groentjie met my hoërskoolloopbaan begin het. Dat die skool-omgewing ons almal in boksies probeer druk, maar eintlik pas ons saam in een boks, dit is dat ons almal mense is. Ons ontmoet mekaar daar en sien die liefde in mekaar raak, sien hoekom iemand iets doen en nie net die ding wat gedoen word nie. Kyk na motief, nie noodwendig na die aksie self nie. Daar is redes hoekom mense goed doen. Dit is maar net een van die goed wat die film probeer wys maar wat ek voel die meeste vir my uitgestaan het.

Wat sê jou vriende oor die feit dat jy ’n hoofrol in ’n fliek vertolk?

Ek is al ’n ruk bedrywig in die bedryf. Ek het my eerste rol in graad ses gekry (Die ongelooflike avonture van Hanna hoekom), so my vriende het geweet ek probeer al lank, so dit was vir lank op die sy gewees tot onlangs. Toe ek self die goeie nuus gekry het, kon ek dit nie heeltemal glo nie, maar toe Lelia Etsebeth vir my vertel, het ek gedink dit is tyd om die nuus te breek. Hulle was amper net so bly soos ek. Sommige van hulle was effe bekommerd oor my matriekjaar wat ook nog voltooi moet word. Nou dat dit amper ’n werklikheid is, en die skerm amper gaan flikker met my gesig daarop, sien ons almal verskriklik baie uit. Ek is ongelooflik geseën om die vriende te hê wat ek het. Juis soos Tyler is dit vriende wat eintlik nou familie is.

Wat is jou toekomsplanne?

Sjoe, dis ’n vraag wat dikwels gevra word hier teen die einde van matriek. Ek wil baie graag aangaan met wat ek nou doen, die ontdek van mense. Dit wat ons almal laat tick … stories. Ek wil dit baie graag my lewe lank doen. Ek weet ek gaan dit doen, al wat nou sal verander is waar en hoe. Dit was vir nou eers skool wat moes klaarkom. Nou is die toekoms oop vir speel en avontuur binne hierdie kunswêreld!

Ruan Blum

Wat is jou gunsteling Shakespeare-toneelstuk en hoekom?

My gunsteling-Shakespeare is “The Merchant of Venice”.  Ek is mal oor die storie en lewensles wat mens daaruit leer. Op skool het ons dit in diepte bestudeer en het dit my liefde vir Shakespeare begin. Ek moet ook bysê, Al Pachino wat die rol van Shylock in die film vertolk, het ook ’n groot impak op my gehad.

Hoe het jy vir jou rol voorberei?

’n Groot voorbereiding wat ek gedoen het, was die krieket-oefeninge. Ek het nog nooit in my lewe krieket gespeel nie, en om letterlik die basics te leer en beter te raak, het ek nogal lief geraak vir die sport. Ek haal my hoed af vir professionele krieketspelers, dit is nie so maklik soos wat dit lyk nie.

Wat is die snaaksste ding wat tydens verfilming gebeur het?

Iets wat ek nooit sal vergeet nie was toe ons die Brink “party scene” geskiet het. Dit was 4-grade daai aand, net toe die jaar se eerste kouefront getref het. Ek sal nie sommer vergeet hoe die ekstras en Ruan Wessels tweeuur die oggend in die koue water moes swem nie. Ek het lekker vir hom gelag, maar meer vir die feit dat ek bly was dat dit nie ek hoef te wees nie nie. #Respect

Hoekom, dink jy, moet hoërskoolleerders Jou Romeo kyk?

Omdat dit ’n vars romantiese komedie is, wat veral hoërskoolleerders sal raak. Omdat dit in die hoërskool-wêreld plaasvind, en omdat soveel leerlinge hulself met van die karakters sal kan vereenselwig. Om ’n lekker tyd te hê, om te lag, en om ’n romantiese tiener-komedie te sien wat op ’n baie unieke en moderne manier gedoen is. Daar is iets vir almal, van krieket-jocks tot drama-nerds.

Wat is jou toekomsplanne?

Op die oomblik is dit net om as akteur te kan werk, en om my drome te volg. Ek vat dit maar soos dit kom, en probeer elke oomblik geniet.

Kyk hier na die lokprent van Jou Romeo

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kollig op ‘n kleindorp: Napier

Hierdie skilderagtige dorpie, geleë tussen Caledon en Bredasdorp, is ongeveer twee en 'n half uur…

1 hour Gelede

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

16 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

22 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

23 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

23 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.