kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Corlea Botha

Jy is deel van Classics is Groot. Vertel ons meer van die produksie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is ’n skatkis vol van die mooiste liedere en melodiëe in die wêreld. Ek voel dat ons partykeer van hierdie tydlose musiek vergeet in ons elektroniese rat race-lewe. Ons het besluit om hierdie juwele bymekaar te sit in die mooiste pragstuk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het gehoor die Amerikaanse sanger Joseph Clark gaan optree. Gaan jy saam met hom sing?

Ek gaan verseker! Ons het verlede jaar die treffer “Barcelona” gedoen – ons gaan dié jaar almal uit hul sokkies verras met ons keuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie is jou gunsteling- internasionale sanger?

Dis te moeilik, daar is so baie! Freddie Mercury. Celine Dion. Barbra Streisand. Almal is bloot nie net sangers nie, maar hulle LEEF musiek, en mens kan die verskil hoor in die passie van die vertolking.

Waarna sien jy die meeste uit vir die produksie?

Die orkes. Ek het al van kleins af in teaterproduksies saam met orkeste gewerk, maar toe ek verlede jaar in die venue stap en hulle begin speel, het ek besef dat mense kaartjies koop om na elkeen van ONS as kunstenaars te kom kyk, en ek het die voorreg om saam met hierdie ongelooflike orkes op te tree – die oomblik was te groot, ek het in trane uitgebars!

Lees ook: Ons gesels met Corlea Botha & haar ma

Die wêreldberoemde Joburg Ballet Company gaan ook te sien wees. Hou jy van ballet?

Ek het nog net een keer die voorreg gehad om ballet te sien, in Japan van alle plekke. Dit was so ongelooflik mooi. Ek dink opera sowel as ballet word gesien as slegs iets vir die fynproewer … maar wanneer dit reg gedoen word, kan enigiemand aangeraak word. Daar is baie krag in dans en musiek.

Waarmee hou jy jouself tans besig? Wat mag jy verklap?

Ek en Jannie (Moolman) is fluks besig om aan ’n nuwe album te werk. Ons hoop om dit teen Classics reeds op die rakke te hê. Ek is ook besig met ’n hele paar van my eie projekte, op en van die verhoog af.

Wat is jou gunsteling-liedjie om op die verhoog te sing?

Die aanvangsjaar van Classics verlede jaar sal seker altyd vir almal van ons wat aan die produksie gewerk het na aan die hart lê. Om hulde te bring aan mense soos Barbra Streisand op daai verhoog saam met daai orkes. Sjoe! Maar ’n baie spesiale oomblik was om saam met Juan Oosthuizen (een van ons land se mees begaafde vervaardigers en kitaarspelers) ’n akoestiese weergawe van “Somewhere Over the Rainbow” te doen. Ek kon ’n speld hoor val, en dit was asof almal hul asems opgehou het. Magical!

Saam met wie wil jy nog  werk?

Ek is baie opgewonde om die jaar iets saam met die talentvolle klein super-vokaal, Amira, te doen. Ek dink die gehoor gaan dit terdeë geniet. Ek sal wel eendag graag saam met Michael Bublé of Bette Midler wil werk. Drome drome drome.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Sjef André Hill deel ’n Paasfeesvoorsmakie met sy geurige Paasfeesbrood-resep

Paasfees is ’n sintuiglike ervaring wat Suid-Afrika se geskiedenis, tradisie en ’n liefde vir heerlike…

52 mins Gelede

Demi Lee Moore verwag: ‘Baba Visagie in my magie’

Hooffoto: Willem Botha     Die sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie,…

4 hours Gelede

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

22 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

23 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

24 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.