kategorieë: BekendesOntspanning

Ons gesels met Armand Aucamp

Waarom het jy besluit om ’n rol in hierdie misdaad-riller te vertolk?
Ek is MAL oor rillers en dis hoogtyd dat Suid Afrika ook in ander genres, soos rillers, begin films maak. Dus was hierdie my geleentheid om betrokke te wees by die spanning, guts en gore.

Vertel ons meer van jou karakter.

Bam is ongelukkig nie die perfekte ou nie. Hy vang ’n paar goed aan wat hom in warm water laat beland. Maar tog kom ons tot die gevolgtrekking dat Bam wel ’n man van inbors is maar, is dit ’n saak van te min te laat…?

Het jy enige uitdagings as akteur ervaar tydens die vertolking van jou rol as Bam?

Ja. Om aksietonele, stunts en geveg uit te beeld was ’n wonderlike uitdaging en ek dink dit is iets waarvan ek baie sal hou in die toekoms. Om ook nie te veel weg te gee in jou spel nie, veral omdat ’n riller altyd om lewe of dood gaan, is dit van kritiese belang dat jy as die spanning bou om die genre pas.

Wat het jy by Bam geleer?

Moet nie ’n held probeer wees nie! (lag)

Watter plek in die Kaap was jou gunsteling om by te skiet en hoekom?

Ek dink dit was op ’n verlate plaas by Joostenberg Vlake. Dit was Abel Se Huis. Dit was perfek vir die film m.a.w.creepy as hel! Geen stilerring was nodig nie, wat dit NOG grillerig gemaak het.

Was daar enige vreesaanjaende oomblikke op stel?

Ek dink die toneel waar ek vir Gys de Villiers moet storm en hom aan die keel gryp was een van die vreesaanjaende oomblike van my lewe. Nie vir die karakter of enige iets nie, vir MY… om GYS DE VILLIERS aan die keel te gryp.

Tydens die verfilming van die rolprent, wie was die bangste op stel?

Ek, definitief ek! Tussen al die bloed en klappe en Gys-keel-oomblikke het ek ook ’n close-call met ’n mes gehad. As ek nou so terug dink na alles, het hulle my hopeloos te min betaal vir al die trauma waardeur ek is…

Sal jy die rolprent alleen kyk?

Definitief. Ek verkies dit eintlik om rolprente alleen te kyk. Ek weet darem wat gebeur ,so dit sal nie te erg wees nie.

Watter misdaad-riller (rolprent) is jou gunsteling?

The Silence of the Lambs

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy enige wenke vir diegene wat die rolprent gaan kyk?
Ek dink nie hulle moet te veel eet voor die tyd nie…

Op ’n skaal van een tot 10, hoe vreesaanjaend is Die Ontwaking?

8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Die Ontwaking (The Awakening) is ’n grusame, aksiebelaaide riller wat die psige en motivering van ’n uiters intelligente reeksmoordenaar ondersoek. Die prent sal op 26 Februarie 2016 landwyd in uitgesoekte rolprentteaters begin draai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volg Armand op sosiale media om op hoogte van sy jongste rolle te wees!

Facebook
Instagram
Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.