Ons eie Zozibini Tunzi is Mej. Heelal! Inligting en foto’s verskaf deur Nine Squared Public Relations, versorg deur Catherine Schenck.
Ons eie Zozibini Tunzi is Mej. Heelal!
Mej. Suid-Afrika 2019, Zozibini Tunzi is die afgelope naweek as Mej. Heelal by die Tyler Perry-ateljee in Atlanta gekroon.

Ons eie Zozibini Tunzi is Mej. Heelal!
Sy is die derde Suid-Afrikaanse mej. Heelal: Margaret Gardiner het die kroon in 1978 gedra en Demi-Leigh Nel-Peters het ons naam weer in 2017 hoog gehou. Tamaryn Green was eerste prinses in 2018.
Lees ook: Tamaryn Green: Slim en sjarmant
Zozi Tunzi het ná die seremonie in ’n onderhoud genoem dat sy oorweldig is deur die ondersteuning wat sy van “almal tuis gekry het. My sosiale media-rekeninge het gegroei die afgelope ruk. Ek wil vir almal laat weet dat ek baie dankbaar is.”

Zozibini Tunzi is Mej. Heelal!
Verder het sy gesê: “Ek bring die kroon vir julle almal terug, Suid-Afrika,” en dat sy die gelukkigste was daaroor dat haar #HeForShe-veldtog – waar persone wat geslagsgeweld gepleeg het verantwoordelik gehou word vir hul aksies – nou ’n wêreldwye platform sal hê. “Mans regoor die wêreld moet dit weet: Wees beter. Doen beter.”
Deel hier in die oomblik toe sy gekroon is: