Die sewentigerjare se style is vanjaar effens deftiger: lang rokke met Boheemse patrone, weelderige materiale, fraiings en in herfskleure. Maar dit beteken nie jy moet die uitklokbroeke en rolhalstruie wegpak nie.
Wie lyk goed in geskroeide lemoen?
Mode
Dié aardse skakering pas by warm velkleure.
Grimering
Dié kleur vlei vroue met warm veltone. Vermy veral om jou oë as jou gesig hier rooierig is. Koraalkleure pas beter by die koel velkleure (’n rooi ondertoon).
Dra ook roes
Roes is ’n warm en aardse kleur. Die skynsel van rooi en oranje daarin maak daarvan ook ’n vrolike en energieke kleur.
Probeer een van hierdie items om jou uitrusting te laat aansluit by die gevoel van die sewentigerjare!