kategorieë: VelsorgSkoonheid

Ons doen die Nimue 12 weke-uitdaging

Wat behels dit?

In elke 12 Week Challenge-pak ontvang jy ’n reeks Nimue-produkte wat op grond van jou velkwessies gekies word. Jou vel word eers ontleed om vas te stel wat jou ware velkwessies is – ek was verbaas om agter te kom dat dit nie noodwendig is wat mens verwag nie! Die kersie op die koek is ’n bewys vir vier professionele gesigbehandelings wat jy in dié tydperk moet laat doen. Ek was gelukkig genoeg om myne by die luukse The Renaissance Spa in die Michelangelo Towers in Sandton te kon doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die program

Omdat ek in daardie stadium kortisoon gedrink het, het hulle besluit om my op die Nimue Interactive Skin-reeks te sit. Hoewel ek glad nie ’n sensitiewe vel het nie, het hulle gesê dit sal help om my vel sterker te maak om die aanslae van die medikasie teë te werk. Die produkte wat ek gekry het uit die Interactive-reeks was: Cleansing Gel Lite (reiniger), Conditioner Lite (opknapper), Moisture Light (nagroom), Moisture Day (dagroom), TDS Interactive (serum) en Nimue SPF 40 (sonskerm).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die eerste twee maande het ek drie Nimue Therapeutic-gesigsbehandelings onder die bekwame hande van Glenda Molefe van The Renaissance Spa gehad. Die derde maand is met die Nimue Rejuvenating-behandeling afgesluit.

Die Therapeutic-behandelings word eers gedoen om die vel voor te berei op die Nimue-produkte, wat heelwat aktiewe bestanddele bevat. Die eerste twee maande word gesien as die eerste fase voor jy meer intensiewe behandeling kry en meer aktiewe produkte bygevoeg word. Die finale behandeling, die Nimue Rejuvenating Facial, is ’n gevorderde behandeling wat ’n bio-aktiewe produk insluit, wat ’n ligte afskilfering gee en die TDS-serum in staat stel om die vel dieper binne te dring. Wanneer hierdie fase bereik word, kan jy hierdie behandeling gereeld laat doen, of selfs aanbeweeg na Glycolic Peels, afhangende van jou vel se reaksie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die resultate

Glenda sê: “Toe ek en Hannelie met die velsorgprogram begin het, was haar vel gedehidreer, vaal en sonder glans. Daar was ook tekens van inflammasie wat die vel plek-plek effens rooi laat lyk het. Soos wat ons met die behandelinge begin het, het haar vel al hoe meer verfris en vernuwe begin lyk. Die inflammasie het verdwyn en haar vel het ’n gesonde glans gehad. Ek is baie opgewonde oor die resultate wat ons gekry het.”

Hannelie sê: “My vel lyk beslis helderder en voel gladder, en selfs die pigmentasie lyk effens ligter. Ek sou nie so ver gaan om heeltemal sonder onderlaag klaar te kom nie, hoewel ek minder as voorheen gebruik.”

Klik hier om meer uit te vind oor die Nimue 12 Week Challenge en die The Renaissance Spa

Deel
Gepubliseer deur
Hannelie Diedericks

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

17 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

17 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

18 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

21 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.