Ons diere & hul giere: Voorskou

Ons diere & hul giere: Voorskou deur Ilse Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis en aanbieder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons diere & hul giere: Voorskou

Ons troeteldiere is ‘n integrale deel van ons gesinne en lewens. In rrRADIO se splinternuwe troeteldier-reeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldier-kenners oor belangrike onderwerpe wat troeteldier-eienaars dikwels oor wonder.

Nuwe episodes word vanaf 2 Maart, elke tweede Maandagoggend om 09h00 vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dinsdae: Tussen Ons Seisoen 3

In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ’n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref.

Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?

Wanneer: Elke Dinsdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op Dinsdag 25 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige twee seisoene:

In Seisoen 1 het ons gesels oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid en in Seisoen 2 het ons gesels oor ’n positiewe selfbeeld en om jou verhouding met jouself te verbeter.

Woensdae: Tee & Taai Toffies

In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Wanneer: Elke tweede Woensdag vanaf 09h00. Die volgende episode word op 26 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na al ons vorige gesprekke

Donderdae: Lam in Wolfsklere

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.

Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan met die aantreklike Gerhard Vosloo uit.

Maar die perfekte prentjie stort in duie toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.

Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein, en die poppe begin dans.

Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese advokaat Caro Marx, weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.

Wanneer: Elke Donderdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 27 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige verhale, Botox, Barbies en Bietse:

En Dans met die rooi rok

Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2

Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.

Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.

Wanneer: Elke tweede Vrydag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 6 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

1 day Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.