kategorieë: Blogs

Ons almal kry daardie dae

Wees egter gewaarsku: Hierdie neiging kan vreemde gevolge hê! So ‘n dag het my getref op Universiteit. Ek het vroegoggend met ‘n krapperigheid opgestaan en die aand sit ons toe boonop sonder krag. Ek en Petra (my woonstelmaat/vriendin/en uiteindelik haarstilis) het in ons sitkamer vir mekaar gesit en kyk. Jy sien, ons het teen daardie tyd reeds al die provita’s droog verorber én die oorskiet wyn gedrink. Gelukkig het ‘Slim Michelle’ ‘n plan gehad. Sny bietjie jou hare, fluister sy in ‘Impulsiewe Michelle’ se oor.
“Kom ons doen dit,” sê ek vir Petra. Wat kan verkeerd gaan? Haar suster is immers ‘n haarkapster…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

So gebeur dit dat ons my lokke in ‘n bob verander met net die son se laaste strale as beligting en ‘n stomp papierskêr. Dit was seker die langste haarsny wat ek nog ooit gehad het. Ons was seker ‘n goeie drie ure besig. Daar word gesny, gestop en gekyk in die spiëel. Tussenin maak Petra angstige geluide gevolg deur trooswoorde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eindresultaat was toe glad nie sleg nie, maar nooit weer nie. Die stres was net te veel. ‘n Mens se hare is tog die kroon van jou skepping. Daarna het ek Petra met Louise vervang. ‘n Rerige haarkapper wat van jou ‘n Picasso maak. Sy sny jou hare dat jy sommer maerder lyk- sonder om te Weigh-Less. (Seker dié dat celebrities hulle hare by haar sny). En tussendeur kalmeer sy jou en dra sy vir jou regte winkelkoffie aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, as jou klere ook vandag knap voel en jou man jou nie waardeer gaan kuier vir Louise. So kuier-kuier verander sy jou in ‘n glansmeisie!

Gaan loer op haar facebook-blad vir allerhande raad oor hoe jy mooier kan wees. Ek volg dit stap-vir-stap. ‘n Meisie kan nooit te veel advies kry as dit by haar hare kom nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

34 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.