Verf jou naels so:
1. Was eers jou hande om enige oorblyfsels van olie of room te verwyder.
2. Gebruik ’n naellakverwyderaar wat asetoon bevat, want dit raak die beste ontslae van olies op jou naels sodat die politoer behoorlik kan vaskleef.
3. Verf ’n onderlagie en wag tot dit heeltemal droog is voor jy die kleur aansit.
4. Begin by jou naelpunte en verf ’n dun lagie onderlaag aan. As jy die onderlagie te dik aanwend, sal die naellak maklik afskilfer.
5. Sit ook naellak aan die onderkant van die naelpunte (dis die sigbare gedeelte van die naels as jy na jou handpalms kyk). Dit sal voorkom dat die kleur nie so gou by die vingerpunte kraak en afskilfer nie.