WD 1492-11 FOR EDITORIAL USE ONLY. Chanel Prive. Paris. Haute Couture. Autumn / Winter 2008 /09. Fashion Designer Karl Lagerfeld. Obligatory Credit - CAMERA PRESS / Mitchell Sams.
Hooffoto: CameraPress/Greatstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Of jy jouself as ’n modekenner beskou of nie, jy het verseker in jou leeftyd al van Karl Lagerfeld gehoor of hom in sy donkerbril en wit poniestert gesien. Ons deel 5 van ons gunsteling feite, aanhalings en vertonings te ere aan hierdie mode-ikoon.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die ikoniese mode-ontwerper Karl Lagerfeld is op 85-jarige ouderdom op 19 Februarie 2019 oorlede. Hy los ’n geweldige nalatenskap in die modewêreld. Ons het 5 feite, 5 aanhalings en 5 van sy mees ikoniese oomblikke bymekaargemaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Karl Lagerfeld is oorlede
Dit is so te sê onmoontlik om net vyf vertonings uit te sonder, omdat Karl met elke bekendstelling die gehoor van vooraf betower het.
Hy het die vertonings van huis Fendi, Chanel en sy eie gedirigeer. Sedert sy eerste vertonings het hy op verskeie manier opslae gemaak met uitspattinge modelkeuses en voortreflike loopplankinstallasies, maar een ding bly verseker en dit is dat sy ontwerpe jou asem sou wegslaan.
Hoewel hy ruimtes soos museums, casinos en selfs ’n hele eiland gebruik het om sommige reekse bekend te stel, was dit die installasies binne die Grand Palais in Frankryk wat hy in nuwe wêrelde omskep het en ons keer op keer stomgeslaan het. Ons deel ’n paar gunsteling Chanelvertonings:
Vir die lente/somerreeks in 2016 het Chanel die gebou in sy eie lughawe omskep, met aanmeldstasies en afbakenings. Van die gehoor het op die kenmerkende staalsitplekke gesit tussen modelle wat in rye moes “wag vir hul kaartjies”.
In 2017 het Chanel die standaard oortref met sy nabootsing van ’n ruimtestasie. Na die vertoning het ’n Chanel-vuurpyl opgestyg met rook en vonke wat tussendeur die modelle skiet terwyl Elton John se Rocket Man in die agtergrond speel.
Vir die lente/somer reeks wat in Oktober 2017 bekendgemaak is, het Karl besluit om die natuur na binne te bring deur die bekende Verdon Gorge, ’n kloof in ’n rivier in Frankryk, te bou. Dit het vereis dat die modelle ’n dun houtpaadjie moes aandurf wat met watervalle en en groenigheid versier is.
In die nuwe jaar het Karl by die natuurlike element gehou. Die Grand Palais is vir die opvolgende herfs/winterreeks van 2018 in ’n herfslandskap omskep met boomgeraamtes en gekleurde blare wat die loopplank bedek het.
Wie kan die vrolike seetonele van Chanel se 2019-lente/somer vertoning vergeet? ’n Informele atmosfeer met kaalvoetmodelle in tweedmateriale en sonhoede. Bekendes soos Pamela Anderson het ook hul verskyning gemaak.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.