kategorieë: Inspirasie

Ons 10 gunsteling Pinterest-wenke

1 Steek elektriese drade weg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Trek ’n skoendoos mooi oor of koop ’n boks wat klaar mooi is en steek jou verlengingskoord daarin weg. Om nog netjieser te wees, kan jy gate aan die kante maak en die proppe en drade daardeur ryg.

2 Maak doilie-bakkies

Moenie ou doilies weggooi nie, gebruik dit om mooi bakkies in jou huis te maak. Daar is verskillende manier om dit te doen, hier week hulle dit in ’n gom-mengsel om lap hard te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }


3 Hang jou toppies saam

Hierdie wenk het my lewe verander. Kry hakkies (dit hoef nie hierdie ronde hakkies te wees nie), en maak dit aan ’n hanger vas. Dit spaar baie pakplek in jou kas en jy kan dadelik sien waar is die toppie wat jy soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Pennetjie-bord vir juwele

Hierdie bord is nie net vir die motorhuis bedoel nie. Sny of koop die bord in die grote wat jy benodig. Verf dit om by jou kleurskema te pas en hang dit teen die muur. Gebruik hakkies om die juwele op te hang. Die lekkerste deel van hierdie bord is jy kan enige tyd die hakkies skuif om vir verskillende lengtes juwele plek te maak. Vir ekstra mooiheid sit ’n mooi raam om die bord.

5 Verf jou slotte en sleutels met naelpolitoer

Koördineer jou sleutels deur elke een ’n ander kleur te verf. Naelpolitoer werk vinnig en maklik. Maak ’n kol van dieselfde kleur op die slot waarin die sleutel pas sodat jy nooit weer deur die hele bos sleutels hoef na te gaan nie.

6 Pouffe met ou truie

Om ’n kleurvolle pouffe te hê is hoogs in die mode. Maak jou eie deur die boonste deel van ’n ou trui af te sny en een punt toe te werk. Stop die trui met stopsel van jou keuse en werk die boonste kant toe. Ryg ’n dik garing deur van onder na bo om die punte nader aan mekaar te trek en versier met ’n knoop.

7 Hang rakke sonder om te boor

’n Spanningstaf is by hardeware winkels te koop, en daar is baie goed wat jy in jou huis daarmee kan doen. Gebruik een om tydelike hangplek vir serpe te maak (dit maak geen permanente gate of skade in die muur nie.) Skuif dit rond soos wat jy pakplek nodig het. Ek het hierdie idee agter in my hangkas gebruik.

8 Maak ’n tou-mandjie

Dit is so eenvoudig om ’n mandjie vir jou huis te maak. Koop ’n dik tou (maak seker dit is lank genoeg), en werk dit stadig aanmekaar. Die enigste moeilike deel is om die tou reg op mekaar te plaas om te vorm te kry.

9 Knopie-boekmerke

Plak jou gunsteling knope aan die punt van papierspelde en gebruik as ’n boekmerk. So maklik soos dit!

10 T-hemp sak

Net omdat jou t-hemp nie meer lekker pas nie beteken nie jy moet dit weggooi nie. Sny die mou af en werk die onderste deel toe. Hierdie weergawe het nie naaldwerk nodig nie. Onthou hierdie wenk vir dogtertjies se gunstelinghempies wat nie meer pas nie.

Vir meer wenke kyk op ons Pinterest borde.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

2 days Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

3 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

3 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

3 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

3 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.